Leesplan inligting

Jesus se WonderwerkeVoorbeeld

The Miracles of Jesus

DAG 5 VAN 5

Jesus Loop Op Die See



Die laaste wonderwerk wat ons gaan bespreek, het plaasgevind net nadat Jesus en sy dissipels die vyf duisend mense gevoed het. Jesus het net daarna sy dissipels vooruit laat vaar na Betsaida toe. Nadat Hy die mense weggestuur het, het Hy alleen na die berg toe gegaan om te bid. 



Toe dit aand word, het Jesus gesien hoe die golwe die dissipels se skuit teister, want die wind was van voor. Teen dagbreek doen Jesus iets ondenkbaar. In Markus 6:48  staan geskryf: “... Teen dagbreek die volgende môre het Hy op die see na hulle toe aangeloop gekom, en Hy wou langs hulle verbygaan.” In hierdie vers lees ons dat Jesus langs hulle wou verbygaan, maar hulle het geskree, want hulle het gedink dit was 'n spook. 



Jesus het dadelik met hulle gepraat en hulle gerusgestel dat dit Hy is en hulle nie bang moet wees nie. Toe sê Petrus vir Hom:“Here, as dit regtig U is, beveel my om op die water na U toe te kom” (Matteus 14:28). Jesus het gesê hy moet kom en Petrus het uit die skuit geklim. 



Eers het dit goed gegaan en Petrus het op die water begin loop en naby Jesus gekom, maar toe hy sy oë van Jesus afhaal en die groot golwe raaksien, het hy begin bang word. Hy het begin sink en na Jesus uitgeroep. Jesus het dadelik sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesê: “... Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?” (Matteus 14:31). Petrus en Jesus het toe in die skuit geklim en die wind het gaan lê. Die manne in die skuit het voor Jesus gekniel en gesê: “... U is waarlik die Seun van God” (Matteus 14:33). 



Vandag se Les: Rig Jou Oë Op Jesus

Dit is wonderlik hoe ons een oomblik Jesus se getroue volgelinge kan wees, aandag gee aan sy woorde en die volgende oomblik sien ons die moeilikhede om ons raak en begin dadelik twyfel. Het dit al ooit met jou gebeur? 



Daar word gesê dat ons te dikwels net vlugtig na Jesus kyk, maar ons staar voortdurend na ons probleme, wanneer presies die teenoorgestelde moet gebeur: staar na Jesus en kyk net vlugtig na jou probleme. Dit voel makliker om te fokus op alles wat verkeerd gaan, nie waar nie? Om te fokus op Jesus bring kalmte vir ons siele, al kom loer moeilikheid om die hoekie. Die vraag om jouself af te vra is: “Waarop fokus ek?” 



Jy wag dalk vir jou eie wonderwerk terwyl jy die leesplan oor Jesus se wonderwerke afsluit. Jy is onseker wanneer jou hartsbegeertes vervul gaan word, wanneer jou genesing gaan plaasvind, of wanneer daardie verhouding gaan herstel. 



Jy kan, te midde van die onbekende, rustigheid in die waarheid van hierdie leesplan vind. Ons dien 'n God van oorvloed wat ons nie volgens ons twyfel definieer nie, wat altyd by ons is, wat ons roep om ons gawes in geloof te gee, en wat verlang dat ons oë op Hom gerig sal bly, en op Hom alleen.


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Miracles of Jesus

Terwyl Jesus op die aarde was, het Hy meer wonderwerke verrig as wat ons van weet. Hy het siekes genees, mense weer lewend gemaak, en fantastiese dade verrig wat toeskouers sprakeloos gelaat het. In hierdie leesplan gaan...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid