Leesplan inligting

Jesus se WonderwerkeVoorbeeld

The Miracles of Jesus

DAG 2 VAN 5

'n Groot Opbrengs Vis



Jesus het baie tyd bestee om mense te leer en vir hulle te preek. Een spesifieke dag was Hy besig om by die Gennesaretmeer te preek. Soos gewoonlik, was daar 'n skare mense wat na Hom kom luister het. Miskien was dit die hoeveelheid mense wat vorentoe gebeur het om na Hom te luister, of miskien was dit net 'n nuwe manier om hulle aandag te hou, maar Jesus het besluit om in 'n skuit te klim en die mense vanuit die skuit te leer. 



Nadat Hy klaar gepreek het, sê Hy vir Simon om uit te vaar na die dieper water toe. Daar sê Hy vir Simon: “... gooi julle nette uit om te vang” (Lukas 5:4). Simon was onseker, want hulle het die hele nag geswoeg sonder om iets te vang. Hy het geweet die kanse om iets in die dag te vang, is baie skraal as jy niks in die aand gevang het nie. Simon het nogtans effens teensinnig ingestem en die nette weer uitgegooi. 



Kort daarna was hulle nette so vol vis dat dit begin skeur het! Hulle moes 'n ander skuit roep om te kom help. Hulle het so baie vis gevang dat beide skuite amper gesink het.



Hierdie wonderwerk het Simon Petrus op sy knieë voor Jesus laat neerval en hy het gesmeek om vergifnis, want hy is 'n sondige mens. Terselfdertyd het hy ontsag gehad vir die groot opbrengs vis wat hulle gevang het! Hy was 'n visserman van beroep en het nog nóóit so iets gesien nie. Jesus praat toe met Simon Petrus, Jakobus en Johannes wat saam gewerk het, en sê vir hulle dat hulle vangs in die toekoms sou verander — hulle sou mense begin vang! Hulle het alles net so laat lê en sy volgelinge geword.



Vandag se Les: Twyfel Definieer Ons Nie

Om te twyfel, is nie iets wat ons in ons leeftyd uitgedink het nie. As voorbeeld — Jesus se dissipels. Ons weet hulle het getwyfel. Veral Petrus en Tomas. Tog het God dit nie teen hulle gehou nie en hulle steeds gebruik om die wêreld te verander. 



Dit is 'n uitdaging om op God te vertrou as ons Hom nie fisiek kan sien nie. Ons sien die werk wat Hy in ander se lewens verrig en ons lees oor sy wonderwerke, maar ons sukkel om genoeg geloof bymekaar te skraap om ons emosies te oorwin. Dan twyfel ons, en ons voel skuldig dat ons twyfel en wonder of God in ons min geloof teleurgesteld is. 



Hier volg die wonderlike nuus oor ons twyfel — dit definieer nie die res van ons lewens nie. Dit beteken al twyfel ons baie kere in God, dat ons elke keer weer met volle vertroue in Hom kan begin lewe. Net omdat ons in Hom getwyfel het beteken nie ons gaan altyd weer twyfel nie. Ons sukkel dalk met ons eie mislukkings, maar weet verseker, dis nie die geval met God nie. Hy het ons baie lief en hou aan om ons te roep om Hom ten volle te vertrou.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The Miracles of Jesus

Terwyl Jesus op die aarde was, het Hy meer wonderwerke verrig as wat ons van weet. Hy het siekes genees, mense weer lewend gemaak, en fantastiese dade verrig wat toeskouers sprakeloos gelaat het. In hierdie leesplan gaan...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid