Leesplan inligting

Jesus se WonderwerkeVoorbeeld

The Miracles of Jesus

DAG 1 VAN 5

Water In Wyn Verander


Kort nadat Jesus sy bediening op aarde begin het, was Hy en sy dissipels saam met sy moeder by 'n bruilof in Kana. Dit was tradisie om wyn by meeste geleenthede voor te sit, veral by bruilofte. Met verloop van die geleentheid het die wyn opgeraak. Dit was blykbaar ongewoon en sou die gasheer in 'n verleentheid stel. 


Jesus se moeder het vir Hom gesê hulle het nie meer wyn nie. Miskien was Maria 'n “probleem oplosser” en wou net met die probleem help, of miskien het sy volle vertroue gehad dat haar seun die oplossing sal hê. Hy het vir haar gesê sy tyd “het nog nie gekom nie.” Tog het hy steeds iets gedoen om met die noodsituasie te help. 


Jesus het vir die kelners gesê om die kanne, wat daar naby gestaan het, vol water te maak. Daar was ses klipkanne wat elkeen tussen negentig en honderd liter kon hou. In die Joodse kultuur was hierdie klipkanne gebruik vir die reiniging seremonie, waarna hulle geestelik skoon sou wees. 


Jesus het toe vir die kelners wat die kanne volgemaak het gesê om water uit te skep en vir die seremoniemeester te gee. Hulle het dit gedoen, maar in plaas van water, proe die seremoniemeester wyn. Nie net enige wyn nie — baie goeie wyn. Dit was vir hom baie vreemd, want gewoonlik het mense eers die goeie wyn bedien en dan later dié van swakker gehalte. Dit was die eerste wonderwerk wat Jesus gedoen het. Hy het daardeur sy krag en die heerlikheid van God laat blyk en baie mense het tot geloof in Hom gekom.


Vandag se Les: God se Oorvloed
Die hoeveelheid water wat  Jesus in wyn verander het was tussen 540 tot 600 liter, afhangend van die grootte van die kan. Vandag is dit tussen 590 tot 880 gewone bottels wyn. Ons weet nie hoe lank hulle al besig was met die seremonie nie, maar om hierdie groot hoeveelheid water in wyn te verander, en boonop in goeie kwaliteit, wys net ons God se hart vir ons. 


Hy is 'n God van oorvloed, Hy gee vir ons meer as wat ons nodig het. Hy gee vir ons oorvloedige liefde, voorsiening en genade. Wat God alles vir ons gee kan nie gemeet word nie. Sy hulpbronne is nimmereindigend, sy liefde is onvoorwaardelik en sy genade ken geen perke nie. 


Wat ons ook al gebruik as kruk om onsself beter te laat voel of wat ons gebruik om onsself te “reinig” is nie meer nodig nie, danksy ons God se nimmereindigende, onvoorwaardelike en onbeperkte liefde vir ons. Hierdie vrystelling van God se genade en barmhartigheid is meer as genoeg om ons verlede, hede en toekomstige sondes te bedek. Mag ons altyd onthou dat ons God alles wat ons nodig het in oorvloed vir ons wil gee.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Miracles of Jesus

Terwyl Jesus op die aarde was, het Hy meer wonderwerke verrig as wat ons van weet. Hy het siekes genees, mense weer lewend gemaak, en fantastiese dade verrig wat toeskouers sprakeloos gelaat het. In hierdie leesplan gaan...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid