Leesplan inligting

Breedvoerige LeierskapVoorbeeld

Leadership From The Ground Up

DAG 4 VAN 4

(her)Bou vanuit die Dieptes



Na Saul se eerste militêre oorwinning, het die profeet Samuel die Israeliete daaraan herinner dat God hulle ware Koning is; en dat die koning en sy onderdane, die Here moet vrees en Hom getrou moet dien.



Laat dit 'n verklaring wees wat werklik in ons harte en gedagtes weerklink. Wanneer ons die Here opreg vrees, word ons gevul met ontsag en diepe eerbied oor wie Hy is, en ons dien Hom dan getrou met ons HELE hart. Dit is 'n volledige, algehele, oorweldigende soort eer en respek. Dit beteken dat God ons alles moet wees. 



Uit liefde en genade, wil God nie die tweede plek in ons lewens inneem nie. Hy weet wat met sy geliefde kinders gebeur as ons vergeet hoe groot Hy is. Ons word baie vinnig net soos Saul wat die reëls hier en daar oortree het, in 'n poging om die beheer oor ons eie lewens terug te neem. Ons deins terug van ons roeping en sukkel uiteindelik vergeefs om voortdurend deur ons eie pogings aan ons bepaalde identiteit en doel te bou. 



Om God eerste in ons lewens te stel, beteken dat ons 'n vaste vertroue sal hê dat God se beloftes waar is, selfs wanneer ons oë dit nie kan sien nie, of wanneer ons harte moeg en uitgeput raak. Ons word nogtans belowe dat die stryd om geloof uiteindelik die moeite werd is. 



Oor die jare heen was daar baie dinge wat ek uit my eie lewe moes verwyder, waar ek myself moeisaam deur pyn as die middelpunt van my vertroue moes onttroon. Wanneer die pyn vanweë persoonlike sonde en foute is, kan ek beslis verstaan ​​dat ek sal sukkel om weer op die regte spoor te kom en my fondament weer op God se liefde, geregtigheid en genade te sentreer. Wanneer my wêreld uitmekaar begin val sonder dat ek verstaan ​​hoekom, kan die spanning egter baie meer verwarrend word. 



Stryde wat ons dwing om in geloof te staan, is gewoonlik dié wat ons nie kan verstaan of verklaar nie. Dit is dié wat vaag lyk ... en so graag as wat ons wil, kan ons eenvoudig nie die omstandighede deur ons eie krag in fokus bring nie. Dit is wanneer ons as leiers aan die potensiaal van die stryd, deur God se perspektief, uitdrukking moet gee. Dit is dan wanneer ons die geleentheid kry om ons aanpasbaarheid te ontwikkel.



Wanneer jy jou vertroue in God plaas, die enigste Koning, wat alles prysgegee het om jou te red, kan jy gerus wees dat die stryd jou nie sal oorwin nie. Die stryd sal jou nie verpletter nie. Die stryd sal nie jou einde beteken nie.



Wanneer jou geloof om die onmoontlike te bereik, diep gewortel is in die Een wat elke ster in die hemel geplaas het en jou gevorm en in die skoot van jou moeder aanmekaar geweef het, kan en sal jy berge versit.



“My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom. want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard.” Jakobus 1: 2-3



Dit is reg mense, innerlike vrede. 



Hierdie vers in Die Boodskap, sê die toets van geloof "leer ons juis om nader aan die Here te leef."



Laat hierdie belofte nou insink. (En herhaal dit 'n paar keer hardop vir jouself.) 



Leiers, veg om God as die enigste vertroue in julle lewens te behou, veral te midde van spanning en nuwe paaie wat jy inslaan. Onthou dat geen probleem wat jy in die gesig staar of mislukking wat jy al gehad het, ooit groter as jou God kan wees nie. Wanneer jy jou oë op God hou, kan jy vertrou dat jou fondament stewig, sterk en onwrikbaar sal wees. 



Leierskap Aktiwiteite: 




  • Watter omstandigheid sien jy nou net "gedeeltelik", waarvoor jy 'n mate van geloof en perspektief nodig het? Noem dit en vertel vir God daarvan. Moenie huiwer nie. Steek jou hande uit, handpalms na bo. Laat Hy die gewig van dit waar jy ontoereikend was, by jou oorneem om dit in 'n pragtige verlossingsverhaal te omskep. (... en as jy probeer om dit terug te neem, moet jy hierdie wenk gereeld herhaal!)

  • Die meeste mense praat nie vryelik oor hul tekortkominge en worstelinge nie, veral nie in ons selfbeeld-bewuste en vinnig-veroordelende kultuur nie. Mense leef dikwels met die onsigbare gewig van verskeie mislukkings soos 'n swaard oor hul koppe. Verbind jouself in hierdie week om doelbewus tyd met God deur te bring, en vra Hom om iemand aan jou te openbaar wat jy kan nader en bemoedig.

Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Leadership From The Ground Up

'n Sterk fondament is belangrik. Sommige van die moeilikste tye vir leiers, bring dikwels ook die meeste bestendigheid, wat uiteindelik die regte omstandighede vir dieper groei lewer. Oor die volgende vier dae sal ons By...

More

Baie dankie aan Holly Magnuson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://hollymagnusonco.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid