Leesplan inligting

Breedvoerige LeierskapVoorbeeld

Leadership From The Ground Up

DAG 3 VAN 4

Verlore Perspektiewe en Hoop



Soos Saul se fondament verbrokkel, word hy uiteindelik onbestendig en paranoïes. Hy ontwikkel aanvanklik 'n hegte verhouding met Dawid, net om skielik teen Dawid gekant te word toe mense dit waag om 'n speelse lied in die strate te sing:



“Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende.”



Vir 'n koning wat reeds 'n wankelrige grondslag van misplaaste persoonlike selfvertroue gehad het, was hierdie lied waarskynlik soos die gevoel van 'n klein, skerp klippie wat teen jou voet skuur gedurende 'n lang resies en jy nie die vermoë het om jou skoen uit te trek nie. Eina!



Tog het Dawid nooit 'n woord teen Saul gesê nie. Die jong Dawid het ure by Saul deurgebring gedurende sy mees depressiewe oomblikke toe Saul hom nie soos 'n koning gedra het nie. Dawid was persoonlik getuie van die foltering en las wat Saul platgedruk het as gevolg van sy ongehoorsame keuses en selfgerigtheid.



Dawid het nie gespog en deelgeneem aan die singery dat hy 'n magtiger krygsman as Saul was nie. Later in Dawid se lewe, lank nadat Saul gesterf het, het Dawid steeds 'n hart van eer en medelye gehad met die eerste koning van Israel wat God aangestel het.



Dit kom egter voor of die speelse lied in die strate Saul se siening van Dawid verander het. Die seun wat eens 'n lojale dienaar en leier van Saul was, wat alles wat aan hom toevertrou is goed gedoen het, was skielik 'n nuwe bedreiging in die oë van iemand wat nou ten volle selfgerig was. Hoe meer Saul sy eie gang gegaan en desperaat probeer het om homself op te bou, hoe meer wantrouig het hy teenoor ander geword.  



Laat dit vir ons 'n kragtige les wees. Wanneer ons fokus en geloof van God se krag na ons eie verskuif, sal ons uiteindelik op die een of ander manier onsself afsonder en die perspektief verloor wat ons nodig het om ander doeltreffend te lei. 



Doeltreffende leierskap vereis dat ons 'n sterk grondslag of fondament moet hê sodat ons met selfvertroue die spanning, ​​te midde van uitdagings, kan hanteer. Sterk fondamente stel ons in staat om duidelik rigting aan te wys wanneer ander die pad begin byster raak. Saul se leierskapreis beklemtoon die belangrikheid daarvan om van die begin af 'n sterk fondament van geloof in God te bou. Om leierskap van die grond af op te bou beteken dat ons nie passief bly of wegskram van ons roeping na nuwe terreine nie, inteendeel, ons groei sterker met elke tree — klein of groot — in gehoorsaamheid aan God.



Môre bespreek ons ​​die beste gedeelte: God is by uitstek in staat om ons te help om dinge agtermekaar te kry. Hy is altyd besig om fondamente wat verskuif het te herbou, te herstel en weer in fokus te bring. (Ek skat dat Hy selfs nog meer as ons van verhale hou waarin mense weer hulle voete gevind het!)



Leierskap Aktiwiteit: 




  • Is daar êrens 'n aangeleentheid waarop jy 'n nuwe perspektief nodig het? Skryf dit neer. Skryf nou 'n nuwe manier neer om oor die aangeleentheid te dink, of 'n nuwe moontlike uitkoms. Wat sê God se Woord daaroor?

  • Onthou, God is by uitstek in staat om dit wat beskou word as spelveranderde stryde, in oorwinnings en getuienisse te omskep. Begin om Hom te dank vir spesifieke oomblikke in jou lewe waar Hy getrou was. Sodra jy begin, waarborg ek jou dat jy nog vele sulke geleenthede sal onthou. Moenie daar ophou nie … moedig ander om jou aan om dit ook te doen. Sodoende sal jy 'n omgewing en kultuur van dankbaarheid en vertroue skep dat Hy alleen 'n vaste fondament is!

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Leadership From The Ground Up

'n Sterk fondament is belangrik. Sommige van die moeilikste tye vir leiers, bring dikwels ook die meeste bestendigheid, wat uiteindelik die regte omstandighede vir dieper groei lewer. Oor die volgende vier dae sal ons By...

More

Baie dankie aan Holly Magnuson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://hollymagnusonco.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid