Leesplan inligting

Breedvoerige LeierskapVoorbeeld

Leadership From The Ground Up

DAG 1 VAN 4

Aanpasbaarheid



Die suiwering wat plaasvind wanneer jy deur 'n stryd in jou lewe gaan, is soos suiwer goud. (Dit is reg … suiwer goud!) Die proses om jou oë op God gefokus te hou en Hom voortdurend te loof as die ewig- goeie en getroue God te midde van 'n stryd, is 'n offer wat ons net aan hierdie kant van die ewigheid aan Hom kan gee. Dit is vir Hom 'n aangename klank om te hoor, omdat dit 'n pragtige offer voortbring wat heeltemal anders is as wat ons kan gee wanneer alles eenvoudig is en glad verloop.



Om deur spanning te werk, lewer kragtige resultate op die gebied van karakter- en leierskapontwikkeling. Oor baie jare se samewerking en begeleiding van talentvolle Fortune 500 leiers, kan ek eerstehands getuig dat die beste leiers — diegene wat erkenning geniet as die beste om voor te werk; wat die beste waarde vir die onderneming toevoeg en wat die grootste belofte van potensiaal inhou — het almal gewerk en gestry om bo uit te kom deur ontelbare moeilike persoonlike en professionele uitdagings.  



Hierdie leiers kom al vir baie jare deur vele vlakke van spanning. Hulle het sukses behaal en misluk. Hulle het vasberade weer op hul voete gekom en uit hul foute geleer. Jy het dalk gehoor dat hierdie vaardigheid as aanpasbaarheid beskryf word. Wyse leiers soek daadwerklik na huidige en volgende generasie talent met baie van hierdie vermoë om met vasberadenheid weer op die voete te kom.



Aanpasbaarheid is onder die mees betroubare voorspellers van opkomende leierskaptalent. Aanpasbare individue is diegene wat bereid is om moeilike terugvoer te ontvang, daarna te luister, te leer en weer te probeer.  



Midde in die stryd, is dit belangrik vir leiers om die gawe wat aan ons gegee is, te verwesenlik en so potensiële geleenthede te herskep. Slegs gedurende 'n stryd kan ons aanpasbaarheid ontwikkel. Die laaste ding wat jy waarskynlik in 'n leier wil hê, is iemand wat net ervaring van goeie tye het en daarin leiding geneem het. Dink aan 'n palmboom en die uiterste belangrikheid dat dit sterk, diep wortels sal hê. Immers, wat is die waarde van 'n verstommende hoë, pragtige palmboom wat ontwortel word met die eerste teken van 'n tropiese storm?  



'n Boom moet blootgestel word aan winde wat probeer om dit uit die grond te ruk en pluk sodat dit sonder ondersteuning regop kan staan. Terwyl dit aan wind blootgestel word, sal die boomwortels sterker groei en sodoende dieper in die grond geanker word.  



Ons raak dikwels opgewonde wanneer ons tekens sien dat 'n boom se blare, blomme of vrugte (ook bekend as spoggoed) begin groei, maar dit is eintlik die groeiproses onder die grond wat die belangrikste eienskap van 'n lang lewe en standvastigheid van 'n boom is. Môre begin ons 'n verhaal uit die Bybel hersien wat ons sal help besluit wat ons moet doen en wat nie, om ons leierskapkrag van onder af te vestig.



Leierskap Aktiwiteite: 




  • As 'n leier wat verantwoordelik is vir die aanstelling van spanlede, vra potensiële kandidate in 'n onderhoud wat hulle uit hul lewens- en loopbaanervarings geleer het en waarom hulle spesifieke beroepe of opvoedkundige geleenthede gekies het. Wees op die uitkyk na tendense. As hulle diep insig en bereidheid om te leer in elke besluit wat hulle neem demonstreer, het jy 'n wenner!

  • Indien hulle nie bereidheid het om te leer of die vermoë het om terugvoer en onderrig deel van hul besluite te maak nie, of as dit blyk dat hulle altyd die held van hul eie verhaal is … dan is hulle waarskynlik nie die beste kandidaat nie ongeag enige unieke vaardigheid of kwalifikasie wat hulle mag hê.

  • Om jou waarneming verder te toets, gee die kandidate werklike terugvoer gedurende die onderhoud en let op hoe hulle op daardie oomblik reageer. Is hulle gou op die verdediging of wag hulle om oor jou terugvoer na te dink? Diegene wat hulself verdedig, het dikwels nie die aanpasbaarheid om moeilike situasies doeltreffend te hanteer nie.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Leadership From The Ground Up

'n Sterk fondament is belangrik. Sommige van die moeilikste tye vir leiers, bring dikwels ook die meeste bestendigheid, wat uiteindelik die regte omstandighede vir dieper groei lewer. Oor die volgende vier dae sal ons By...

More

Baie dankie aan Holly Magnuson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://hollymagnusonco.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid