Leesplan inligting

Verkry Goddelike WysheidVoorbeeld

Gaining Godly Wisdom

DAG 1 VAN 5

Wat is wysheid?



As jy die definisie van wysheid naslaan, sal jy die volgende vind: kennis van wat waar of reg is, tesame met regverdige oordeel tydens optrede. Ons kan al die kennis in die wêreld in ons verstande besit, maar as ons nie weet hoe om dit toe te pas en daardie inligting in dade te laat oorgaan nie, het ons nie wysheid nie. Ons mag dalk meer weet as die deursnee persoon, maar as ons nie ons kennis sinvol toepas nie, is ons dwaas.  



Die eerste en belangrikste ding wat ons van wysheid moet weet, is dat dit van God af kom. Psalm 111:10 sê dat “wysheid begin” "met die dien van die Here" en gaan dan verder deur te sê dat almal wat dit doen — “het ware insig”.   



Dit maak baie sin, nie waar nie? Die meeste ouers verwag dat hul kinders aan hulle gehoorsaam moet wees. Hoekom? Hulle sien die pad vooruit, terwyl die kind nie kan nie. Namate kinders aan hul ouers gehoorsaam is, groei hulle in wysheid en leer mettertyd dat hul ouers se raad oor oor hul optrede, uiteindelik tot hul beswil was. Dieselfde geld ten opsigte van ons hemelse Vader — Hy sien vooruit en weet wat die beste is. 



In Jakobus 3:13-17 word Goddelike wysheid in fyn besonderhede verduidelik:



"Is daar 'n wyse en verstandige mens onder julle? Dan moet hy dit toon deur sy goeie gedrag en deur dade wat van nederigheid en wysheid getuig. Terwyl daar bittere naywer en selfsug in julle harte is, moet julle nie daarmee spog dat julle wysheid het nie, want dan praat julle nie die waarheid nie. Dié soort wysheid kom nie van Bo nie, maar is aards, sinlik, demonies, want waar daar naywer en selfsug is, kom daar wanorde en allerhande gemene dade. Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg."



Hierdie gedeelte is vir ons met ryke waarhede gevul. Kom ons deurdink dus regtig hierdie gedeelte. 'n Tentoonstelling van Goddelike wysheid beteken ons is:



EerbaarOns bewys eer aan almal.

NederigOns vestig nie die aandag op onsself nie. 

OnbaatsugtigOns ag ander hoër as onsself.

ReinOns strewe daarna om suiwer motiewe te hê.

VredeliewendOns kom ooreen om met respek te verskil. 

SaggeaardOns neem die gevoelens van ander in ag voordat ons optree.

GenadigOns gee tweede kanse omdat dit aan ons gegee is.

OnpartydigOns tree regverdig op teenoor almal met wie ons in aanraking kom. 

OpregOns is eg, eerlik en vol integriteit. 



Wanneer ons as volgelinge van Jesus leer en te groei, word ons van die ou self herskep tot die verloste persoon wat God ons roep om te word. Hierdie groei in Goddelike wysheid sal nie altyd vir die mense om ons sin maak nie. Namate ons egter Goddelike insig leer, kan ons dit prakties toepas en diegene om ons daardeur beïnvloed. Oor die volgende vier dae van hierdie leesplan, sal jy die hulpmiddele ontvang wat jy vir hierdie reis nodig het om Goddelike wysheid te bekom. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Gaining Godly Wisdom

Baie van ons sien wysheid as iets wat mense met meer ervaring het. Ons kan dit egter in werklikheid self ook hê, ongeag hoe lank ons lewe. In hierdie 5-dag leesplan sal jy insig ontvang ten opsigte van wat Goddelike wysh...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid