Leesplan inligting

Verkry Goddelike WysheidVoorbeeld

Gaining Godly Wisdom

DAG 5 VAN 5

Vra om Wysheid



Regdeur hierdie leesplan het ons geleer dat ons uiteindelik wys word deur Jesus Christus te ken en sy weë te volg. Wanneer Hy alleen ons fondament is, kan ons in vryheid, oorwinning en hoop wandel. 


Miskien voel jy nie dat jy wysheid het nie. Jy sien ander mense wat so wys lyk — en dit lyk asof mense aan hulle lippe hang. Almal wil graag 'n bietjie van hul tyd hê en hulle aanhaal. Wie ook al in jou gedagte opgekom het, meet hulle aan die lys wat in dag een van die leesplan gegee is van hoe Goddelike wysheid lyk. Is hulle eerbaar, nederig, onbaatsugtig, rein, vredeliewend, sagmoedig, barmhartig, onpartydig en opreg? Hulle hoef nie elke eienskap te besit nie, maar die kans is goed dat hulle heelwat daarvan besit. Oorweeg dit om by hulle uit te vind wat hulle gedoen het om te kom waar hulle vandag is. Daar is 'n sterk moontlikheid dat hulle nie net by God nie, maar ook langs die pad by ander geleer het. 


Miskien is jy op 'n plek waar jy werklik nie voel dat jy oor Goddelike wysheid beskik nie, en ook geen idee het wat jy sou doen in ʼn gegewe situasie waarvoor jy te staan kom nie. Wat doen jy dus as jy nie weet wat om te doen nie? 


Vra vir God.


Jakobus 1:5 sê: "As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt."Is dit nie wonderlik nie? As ons wysheid nodig het, kan ons dit letterlik net vir God vra — en weet jy wat? Hy sal dit gee —sonder om enige vrae te vra. Trouens, Hy sal sy wysheid mildelik aan ons gee sonder om ons te oordeel oor ons vorige dade. Hy is maar net bly dat ons Hom soek en daarop ingestel is om wyse lewens vol van sy waarheid te leef. 


Laat hierdie leesplan op jou reis as 'n wyser mens, vir jou 'n beginpunt word. Moet nooit ophou om in hierdie area te leer en te groei nie. God wil hê dat ons altyd gretig moet wees om te leer. Mense met Goddelike wysheid weet dit. Soek dus na God, wandel in gehoorsaamheid en vra Hom om wysheid. Vra Hom om vir jou wysheid bo al jou verwagtinge te gee.


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Gaining Godly Wisdom

Baie van ons sien wysheid as iets wat mense met meer ervaring het. Ons kan dit egter in werklikheid self ook hê, ongeag hoe lank ons lewe. In hierdie 5-dag leesplan sal jy insig ontvang ten opsigte van wat Goddelike wysh...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid