Leesplan inligting

Lewe Veranderd: Aanvaar Jou IdentiteitVoorbeeld

Living Changed: Embracing Identity

DAG 5 VAN 6

Die Gesag Oor Ons Lewens



Terwyl ons jonk is, het ons ouers die gesag of mag om besluite namens ons te neem. Wanneer ons grootword en onafhanklik is, moet ons egter nog steeds wette en reëls gehoorsaam. Daar is die verwagtinge by ons werk, in verhoudinge en in ons samelewing. Dis 'n klomp goed om te balanseer, maar ons het uiteindelik die keuse om te besluit wie se mening die gesag in ons lewens dra.



Ek onthou toe ek klein was, het my pa gesê dat ek 'n groot beenstruktuur het. Hy het nie bedoel om my seer te maak nie en ek het geweet dat hy baie lief was vir my. Tog het sy opmerking my gevoelens seergemaak. Ek het dit ter harte geneem en oor die jare saam met my gedra. Dit was 'n aanhoudende herinnering dat ek nooit kleiner of goed genoeg sou wees nie.



Dalk is jy net soos ek seergemaak deur 'n ongevoelige opmerking van 'n nabye gesinslid. Dalk het jou ma gesê jy is 'n moeilike kind, of jou suster wou jou nooit in haar vriendekring toelaat nie. Dalk maak jy staat op komplimente van jou baas om te voel dat jy jou werk goed doen. Miskien laat jy sosiale media toe om vir jou te sê dat jy te veel of nie goed genoeg is nie. Aan wie gee jy die gesag om vir jou te sê wie jy is of wie jy behoort te wees? God en sy Woord behoort die uiteindelike gesag in jou lewe te wees.



In Matteus lees ons van die ontmoeting tussen Jesus en die Satan. Die duiwel het probeer om Jesus te versoek, deur sy identiteit aan te val. Hy sê: "As U die Seun van God is ..." Ek hou van Jesus se antwoord! Hy val nie aan of verduidelik nie. Hy weet wie Hy is: die Seun van God, erfgenaam van die hemelse troon, Koning van die konings en Here van die heersers! Let op hoe die duiwel twee keer Jesus se identiteit op daardie manier bevraagteken, voordat hy sy taktiek verander. Dis omdat die Satan nie kreatief is nie. Hy sal aanhou om met dieselfde aanslae en leuens te kom wanneer hy 'n swak plek in ons wapenrusting soek. Dis hoekom ons waaksaam moet bly en soos Jesus, ons magtigste wapen moet gebruik.



Die Skrif word as die swaard van die Gees beskryf. Wanneer ons dit gebruik om die leuens af te weer, gee ons vir God die gesag oor ons identiteit en maak ons die aanslae van die vyand kragteloos. Ons is nie veronderstel om ons identiteit in ons loopbane, ons verlede, ons getroude status, ons kinders of wat mense oor ons sê, of selfs wat ons vir die kerk gedoen het, te plaas nie. Die antwoord kom nie van ons gemeenskap, ons kritici of ons samelewing nie. Net God behoort gesag te hê oor wat ons oor onsself glo. Ons ware identiteit is net in Hom te vinde.



Aksieplan:



Neem jou voorbeeld van Jesus. Laat sy reaksie op die Satan se aanvalle jou oorlogsplan wees. Moenie vir die vyand 'n vastrapplek gee deur hom toe te laat om jou te laat twyfel wie jy geskep is om te wees nie. Leer hoe om die swaard van die Gees teen die vyand se leuens, die onregverdige verwagtinge van die wêreld en jou negatiewe selfgesprekke te gebruik. Jy is geliefd, waardig, gesog en gekoester deur jou hemelse Vader. Verklaar daardie waarheid oor en oor, totdat dit enige misleiding vervang wat jy in jou hart toegelaat het. Jy is die Here se geliefde kind.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed: Embracing Identity

Met so baie stemme wat vir ons vertel wie ons moet wees, is dit geen wonder dat ons sukkel om ons identiteit te plaas nie. God wil nie hê dat ons loopbane, ons getroude status of ons foute moet bepaal wie ons is nie. Hy ...

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.changedokc.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid