Leesplan inligting

Lewe Veranderd: Aanvaar Jou IdentiteitVoorbeeld

Living Changed: Embracing Identity

DAG 1 VAN 6

Verander Jou Selfgesprek



Waaraan dink jy as jy gevra word om jouself bekend te stel?



My selfgesprek was nie altyd 'n ware beeld van die vrou wat God my gemaak het om te wees nie. Sonder sy hulp om my selfgesprek te verander, sou my antwoord heel moontlik so klink: "Ek is 'n 45-jarige ma van twee kinders, wat nie meer so jonk is wat sy was nie en wat grys hare en plooie het om dit te staaf. Ek is al vir amper 25 jaar getroud, al raas ek te veel. Volgens my dokter is ek oorgewig. Ek kan nie behoorlik asemhaal as ek draf nie, en ek eet eerder lekkers en aartappelskyfies as spinasie. By my kerk is ek 'n pastoor, maar ek is glad nie gekwalifiseerd nie en daar is te veel dinge in my verlede om regtig 'n effektiewe bediening te kan hê."



Daardie antwoord dek dalk my getroude status, gewig, geslag, ouderdom, werk en sommige van die leuens wat die wêreld my vertel, maar dit beskryf nie wie ek regtig is nie. Sommige van daardie dinge omtrent my is wel waar, maar hulle maak nie regtig saak nie. Hulle is slegs omstandighede en nie my identiteit nie.



Die waarheid is dat ek heel eerste 'n kind van God is. Ek is doelbewus geskep vir 'n spesifieke doel. Ek is 'n pragtige meesterstuk, kundig aanmekaar geweef deur die Skepper van die heelal. Ek weet dit nou, maar die oorgang van daardie eerste antwoord tot by hierdie tweede een, het nie oornag gebeur nie.



Toe ek die eerste keer tot 'n vroue bediening geroepe gevoel het, het ek alles behalwe mooi gevoel. Dit was vir my baie moeilik om op 'n verhoog te staan en vir vroue te sê dat hulle wonderlik en volgens die beeld van God geskep is, terwyl ek glad nie gevoel het dis waar in my geval nie. Ek het vir God gevra om my te help om te sien wat Hy sien as Hy na my kyk, en ek het my vertroue in sy vermoë geplaas om my perspektief te verander.



Na jare se oefening van oorgawe en vertroue, is ek nou in staat om myself as pragtig te sien. Dit hang nie af van wat ek in die spieël sien nie. Dit spruit uit 'n innerlike vrede en aanvaarding dat Hy nie foute maak nie. Dis genoeg dat Hy my gemaak het en my pragtig noem.



Ons selfvertroue verander as ons aanvaar wat God sê wie ons is. Ons weet dat Hy goed is en dit bring lewe wanneer ons glo dat ons presies gemaak is soos Hy dit bedoel het. Wanneer ons begryp hoe lief Hy ons het, net soos ons is, raak dit vir ons moontlik om onsself lief te hê. Ons selfgesprek verander nie oombliklik nie en ons kan dit nie alleen doen nie. Ons moet sy hulp vra.



Aksieplan:



As jy met jou identiteit sukkel, vra vir God om jou te wys hoe Hy jou sien. Vra vir Hom om jou te help om die leuens te identifiseer wat jy tot nou toe oor jouself geglo het en begin om daardie leuens met sy waarheid te vervang. Hy sal daar vir jou wees, die hele tyd, totdat jy glo dat jy waardevol, pragtig, bekwaam en geliefd is. Ongeag van hoe lank jy al 'n volgeling van Jesus is, as jou selfgesprek nie in ooreenstemming is met wat Hy oor jou te sê het nie, moet jy daaraan werk. Druk deur en vra God om jou te help om waarlik jou identiteit in Christus te aanvaar.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed: Embracing Identity

Met so baie stemme wat vir ons vertel wie ons moet wees, is dit geen wonder dat ons sukkel om ons identiteit te plaas nie. God wil nie hê dat ons loopbane, ons getroude status of ons foute moet bepaal wie ons is nie. Hy ...

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.changedokc.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid