Leesplan inligting

Lewe Veranderd: Aanvaar Jou IdentiteitVoorbeeld

Living Changed: Embracing Identity

DAG 2 VAN 6

Die Etikette Waarmee Ons Leef



Niemand hou daarvan om geëtiketteer te word nie. Die rede daarvoor is dat etikette dikwels veralgemeen word, beperkend en onakkuraat is. Daarmee saam kom 'n klomp aannames wat baie negatief kan wees en dikwels ons slegste eienskappe en grootste foute beklemtoon. Etikette laat nie ruimte vir verskille, groei of verlossing nie. Ander mag probeer om vir ons etikette om die nek te hang, maar ons het die mag om te kies of ons daarmee wil saamleef.



In my vroeë twintigerjare het ek die etiket van losbandigheid gedra. Ek was trots op my liggaam en het daarvan gehou as seuns my raaksien. Ek het een slegte besluit na 'n ander geneem omdat ek gedink het ek is nie liefde werd nie. Ek was so gebroke dat ek dikwels tevrede was om vir 'n oomblik pragtig en aanloklik te voel, terwyl ek eintlik nodig gehad het om vir Jesus te vra om my gesond en heel te maak.



Selfs nadat ek Jesus begin volg het, was dit 'n stryd om te glo dat ek liefde werd was. As 'n nuwe ma was my kommer dat ek net 'n oorgewig niemand was wat niks gehad het om te bied nie, omdat ek nie universiteit voltooi het nie. Die naweke se preke het my bemoedig, maar dit was moeilik om God se waarhede met my alledaagse lewe in verband te bring. As ek terugkyk, is ek so bly dat ek nie moed met myself verloor het nie. God het aanhoudend vir my geleenthede gegee om dinge vir sy koninkryk te doen, selfs toe ek gedink het dat ek nie daarvoor bekwaam was nie.



Almal van ons dra etikette, of dit nou dié is wat ander ons om die nek hang, en of dit etikette is wat ons om onsself hang. Te dikwels laat ons toe dat daardie etikette ons beperk en vertel dat ons net nie goed genoeg is nie. Net. Ons voeg hierdie klein woordjie by wanneer ons onsself beskryf en laat toe dat die etikette ons diskwalifiseer. Jy het seker al baie mense hoor sê, of dalk het jy dit self ook gesê: "Ek is maar net 'n verslaafde" of "Ek is maar net 'n huisvrou."



Die waarheid is dat jy nie jou ouderdom, werkstatus, diagnose, getroude status, moeilikhede of jou verlede is nie. Daardie etikette is dalk 'n beskrywing van jou omstandighede, jou huidige tydperk of jou beproewing, maar jou ware identiteit is in wat God sê jy is en niks anders nie.



Jy is pragtig, bekwaam en waardig. Jy is nuut gemaak in Christus. Jy het nie 'n gees van vreesagtigheid gekry nie, maar van liefde, krag en selfbeheersing. Jy is meer as 'n oorwinnaar in Christus wat jou krag gee. Jy is doelbewus geskape, vir 'n spesifieke doel. Jy is geliefd. Jy is uitgekies. Jy is goed genoeg.



Aksieplan:



Dink aan die etikette wat jy met jou saamdra, wat in teenstelling is met wat God van jou in die Bybel sê. Oor watter areas in jou lewe voel jy skaam? Wat is jou grootste onsekerhede? Wat is daar in jou verlede wat jy probeer wegsteek, omdat jy bang is dat iemand dit sal uitvind? Vra vir God om vir jou te wys watter etikette jou onderkry en vra Hom dan om jou te help om jou identiteit in lyn met Bybelse waarhede te bring.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed: Embracing Identity

Met so baie stemme wat vir ons vertel wie ons moet wees, is dit geen wonder dat ons sukkel om ons identiteit te plaas nie. God wil nie hê dat ons loopbane, ons getroude status of ons foute moet bepaal wie ons is nie. Hy ...

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.changedokc.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid