Leesplan inligting

Lewe Veranderd: VoorsieningVoorbeeld

Living Changed: Provision

DAG 3 VAN 5

Ons Het Mekaar Nodig



’n Oordenking saam met Amber



Een van God se eienskappe waaroor ek gaande is, is hoe Hy gewone mense gebruik om sy magtige planne uit te voer. Hy kan, wat ons ook al nodig het, uit die lug voortbring, maar Hy kies om deur onvolmaakte individue te werk om ons te seën. Elke keer as ek een van daardie oomblikke in my lewe onthou, word ek daaraan herinner dat God ons geskep het om in gemeenskap met ander gelowiges te leef. Ek het agtergekom as ek Jesus midde-in my vriendskappe hou, gee dit Hom meer geleenthede om vir my te voorsien, sodat ek 'n seën vir ander kan wees terwyl Hy my geloof versterk. 



'n Paar jaar gelede het my gesin van vyf in 'n huurhuis gewoon. Ons het net begin om gereeld tiendes te gee, ons het in die kerk gedien en gedoen wat ons kon om vrygewig teenoor ander te wees. Ons wou graag ons eie huis besit, maar dit het gevoel asof daardie droom jare in die toekoms is. Dit het gevoel asof 'n noodgeval ons spaargeld dreineer elke keer wat ons geld opsy kon sit. Toe slaan ons huurhuis aan die brand. 



Almal was veilig, maar skielik het ons nie 'n dak oor ons koppe gehad nie. Prys die Here dat ons 'n rukkie voor die brand, versekering vir 'n huurhuis uitgeneem het, maar ons verliese het dit wat ons sou ontvang ver oorskry. Dit is toe dat ons plaaslike gemeenskap opgedaag het en vir ons die liefde van Jesus bewys het. 



Iemand in ons kleingroep het ingeloer met 'n koelhouer vol koeldrank om ons deur die eerste dag te help. 'n Ander vriend het ons daardie aand uitgeneem vir ete en ons kinders se kosbaarste besittings vervang — hul kussingtroeteldiere. Vriende van vriende, mense wat ons nie geken het nie, het op 'n warm somersdag kom help om dit wat nog van ons huis oor was, uit te sorteer en te red wat ons kon. Ander gesinne in die kerk het vir ons meubels en toebehore geskenk. Ons was oorweldig deur almal se vrygewigheid en dit het werklik gevoel asof God weer die gaping tussen wat ons gehad het en wat ons nog nodig het, oorbrug. Sy oorvloedige voorsiening het beteken dat ons die versekeringsgeld kon gebruik as afbetaling op 'n huis. 



Te midde van ons tragedie het God 'n wonderwerk gedoen. Hy het nie net vervang wat ons verloor het nie, maar Hy het dit ook vir ons moontlik gemaak om ons eie huis te besit. Ons sou nooit kon droom dat God die afbrand van ons huis, so tot ons beswil sou bewerk nie. Maar Hy het en Hy het sy mense gebruik om dit te doen.



As jy sukkel om God met jou finansies te vertrou, moedig ek jou aan om jouself te omring met 'n gemeenskap van gelowiges waar julle mekaar deur die moeilike tye sal kan bemoedig en jou geloof help versterk. God gee graag vir ons geskenke en een van die beste gawes wat Hy vir ons gee, is mekaar. Wanneer ons swak en moeg is, tree ons vriende in om die hande en voete van Jesus te wees. Moenie een van God se grootste roetes tot voorsiening misloop nie.



Die uitstorting van liefde wat ons van volkome vreemdelinge ontvang het na die huisbrand, het ons ongelooflik nederig gelaat. Die liggaam van Christus, sy kerk, sy mense het ons gehelp toe ons dit die nodigste gehad het! Die enigste reaksie wat vir ons sin gemaak het, was om in die toekoms aan die gemeenskap terug te gee. Ons het so gou as moontlik 'n nuwe kleingroep in ons nuwe huis begin sodat ander mense dieselfde gevoel van gemeenskap kon ondervind. Ons het dit ook 'n prioriteit gemaak om meer te belê om ander gesinne in nood finansieel te seën. 



Alhoewel dit 'n groot verligting is om in jou tyd van nood aan die ontvangkant van iemand se vrygewigheid te wees, is dit selfs beter om aan iemand anders te kan gee. Jy hoef nie my woord daarvoor te neem nie, vertrou net vir God. Vra Hom om jou oë oop te maak vir geleenthede om vrygewig te wees en kyk hoe Hy jou seën wanneer jy aan ander gee.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed: Provision

Ons dien 'n vrygewige God wat belowe om in elke behoefte van ons te voorsien. Al laat Hy nie alle wense waar word nie, doen Hy tog wonderwerke. God geniet dit om vir ons geskenke te gee, want Hy gee baie om vir ons, self...

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.changedokc.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid