Leesplan inligting

Lewe Veranderd: VoorsieningVoorbeeld

Living Changed: Provision

DAG 2 VAN 5

God Is In Die Besonderhede



'n Oordenking saam met Amy



Dit kan moeilik wees om God met ons finansies te vertrou. Selfs wanneer ons daardie stap van geloof neem om tiendes te begin gee, kan dit moeilik wees om te glo dat Hy vir al die klein dingetjies in ons lewens omgee. Dit is amper asof ons in menslike terme aan God dink, met die veronderstelling dat Hy nie tyd het vir die fynste besonderhede as Hy die groot dinge aan die gang hou nie. Die waarheid is, God is onbeperk. Hy is in staat om wonderbaarlike seëninge te voorsien, terwyl Hy ook omgee vir die kleinste dingetjies wat vir ons saak maak.



Toe my man geroepe gevoel het om voltyds die bediening te betree, het sy salaris met 90% verminder. Ek het geen twyfel gehad dat hy was waar God hom wou hê nie. Tog was ek so bang wat daardie kleiner salaristjek vir ons gesin sou beteken, dat dit my tot trane sou bring wanneer iemand dit aanroer. Ek moes oor en oor 'n oorgawe maak en kies om God se voorsiening te vertrou wanneer vrees ook al begin insluip het.



Ek onthou veral een dag toe ek my klerekas oopgemaak het om ’n paar verslete swart stewels uit te haal. Ek het geweet hulle moes vervang word, maar ons kon nie nuwes bekostig nie. Terwyl ek daar staan en na die stewels kyk, het ek in duie gestort. My gedagtes het vinnig aan beweeg na hoe ons nie genoeg sou hê om af te tree nie en uiteindelik in 'n plakkershuis sou woon. Selfs terwyl my gedagte in 'n afwaartse spiraal beweeg het, het ek geweet, al wat die draaikolk sou keer, was Jesus. Ek het hardop vir Jesus gesê dat ek Hom vertrou om in elke behoefte te voorsien, groot sowel as klein. Ek het verklaar dat nie my man nie, maar Hy alleen ons Voorsiener is. Terwyl ek dit hardop vir Jesus gesê het, het ek meer vrede ervaar. 



Ongeveer 'n uur later het ek 'n boodskap van 'n vriendin gekry. Sy het gesê een van haar vriende trek en wou skoene in my grootte weggee. Met groot ontsag vir God in my hart het ek haar vir 'n foto van die skoene gevra. Sy het gesê sy kan nie vir my 'n foto stuur nie, want daar was 50 pare. Vyftig!



Al wat ek kon doen was om te huil. Nie hoofsaaklik omdat ek nuwe skoene gekry het nie — ek was beslis opgewonde daaroor. Ek het gehuil, omdat God ons getrouheid beloon wanneer ons Hom eerste in ons lewens stel en omdat Hy in so 'n spesifieke behoefte voorsien het. Om eerlik te wees, dit was binne my man se vermoë om vir my 'n nuwe paar skoene te koop, maar God het meer gegee as wat ek gedink het moontlik was. Op daardie oomblik het God my gehelp om te verstaan dat sy weë altyd hoër as ons weë is. Sy voorsiening is altyd groter. Deur daardie gawe het God vir my gesê: "Ek sien jou en ek gaan altyd vir jou sorg.”



God sien ook jou omstandighede en Hy is by jou te midde daarvan. Net soos Hy vir die voëls in die lug en die blomme in die veld omgee, belowe Hy om alles te voorsien wat jy nodig het. Moenie oor môre bekommerd wees nie. Vertrou vandag op God en laat Hom toe om jou toekoms te hanteer. Hy geniet dit om vir ons geskenke te gee wat baie meer is as wat ons ooit verwag.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed: Provision

Ons dien 'n vrygewige God wat belowe om in elke behoefte van ons te voorsien. Al laat Hy nie alle wense waar word nie, doen Hy tog wonderwerke. God geniet dit om vir ons geskenke te gee, want Hy gee baie om vir ons, self...

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.changedokc.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid