Leesplan inligting

Liefde Vertraag GejaagdheidVoorbeeld

Love Slows Down

DAG 7 VAN 7

Stap Saam Met Ander 



Een van die belangrikste reëls vir bergklim is: klim nooit alleen nie. Daar is net te veel dinge wat verkeerd kan gaan as jy in die veld of ruigtes gaan stap of klim. Jy het die veiligheid nodig van iemand by jou. 



Om nie jou paadjie alleen te stap nie, is ook goeie raad vir die lewe. Dit maak nie saak hoe sterk of voorbereid ons is nie, ons het altyd ander om ons op die lewensreis nodig. Koning Salomo praat hieroor in vandag se vers: “Twee is beter as een.” Ons is nie geskape om alleen deur die lewe te gaan nie. 'n Ou Afrika gesegde lui: "As jy vinnig êrens wil kom, gaan alleen. As jy ver wil gaan, stap saam met ander.”



Wanneer die lewe uitdagend of moeilik raak, is ons geneig om uit die gemeenskap te onttrek en onsself te isoleer. Afsondering verloop egter nooit goed nie. 'n Stuk steenkool wat uit die vuur gehaal word, verloor vinnig hitte. Ons is dieselfde. As ons die vuur en energie van ons lewenspaadjie met God wil behou, moet ons naby ander bly. Wanneer ons naby God se gemeenskap bly, ervaar ons 'n tasbare uitdrukking van God se liefde.



God het ons geskape om sy liefde nodig te hê. In ons wêreld sal die mees tasbare, sigbare uitdrukking van sy liefde gewoonlik deur mense kom. Ons gee uitdrukking aan God se liefde deur mense lief te hê. Alles mag tussen jou en Jesus reg wees, maar die bewys lê daarin hoe jy dit teenoor ander uitleef. 



As dit daarbo eensaam voel, of jy voel dat mense jou terughou, is daar 'n groot moontlikheid dat jy te vinnig beweeg en jy dalk jou pas 'n bietjie moet vertraag. Die liefde vertraag gejaagdheid. Woede versnel dit weer. Jy kan nie liefde betoon as jy haastig is nie. Om jou pas te vertraag sodat jy saam met ander kan loop, is 'n uitstekende manier om liefde te betoon. 



Wanneer die lewe besig of oorweldigend raak, is die beste ding wat ons kan doen om tyd saam met ander Christene 'n prioriteit te maak.  Soek hulle gemeenskap op. Bly naby die warmte van verhoudings met ander. Jy sal agterkom dat jou woede en angs deur liefde vervang word.    



Hierdie leesplan is gebaseer op die boek Love Slows Down.


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Love Slows Down

Ons is uit liefde geskape, vir liefde geskape en is geroepe om in God se liefde te leef. Hierdie leesplan, gebaseer op die boek "Love Slows Down," sal jou help om woede en angs te verruil en jou te haas na die lewe in Go...

More

Ons wil Joël en Jonathan Malm bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://joelmalm.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid