Leesplan inligting

Liefde Vertraag GejaagdheidVoorbeeld

Love Slows Down

DAG 5 VAN 7

Laat Vaar Dit 



Ek het 'n paar jaar gelede 'n vlotvaartspan op die Colorado-rivier deur die Grand Canyon geneem. Aan die begin was die rivier kristalhelder. Binne twee kilometer na die aanvang van die reis, het 'n stroom modderige water in ons mooi, skoon rivier uitgeloop. In 'n japtrap was die hele rivier bruin en melkagtig en dit het die res van die ses dag-lange reis so gebly. Daardie een klein stroompie kilometers stroomop, het die kristalhelder Colorado-rivier kilometers ver in dynserige besoedeling verander. 



Koning Salomo het gesê: "Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe" (Spreuke 4:23). 'n Rein hart lei tot rein liefde. As ons egter nie versigtig is nie, kan aanstoot, verraad, teleurstelling of mislukking, die suiwer waters van ons harte besoedel en ons verveeld en sinies laat. Hoe langer ons aan die oortredinge vashou, hoe meer sal dit die waters besoedel. Ons moet sorg dat ons ons harte rein hou teen alles wat dit kan besmet.



Wanneer ek spanne die veld en ruigtes inlei, is een van die grootste uitdagings om die span gesond te hou, deur te verseker dat daar skoon drinkwater is. Ek neem altyd 'n baie duur, effektiewe watersuiweringsfiltreerder saam. Dit verwyder omtrent enigiets uit die water uit wat jou kan benadeel. Elke aand sit die span in 'n sirkel en maak beurte om suiwer water vir die volgende dag te pomp.



Ek dink ons ​​moet daagliks 'n soortgelyke proses in ons lewens toepas. Ons moet elke dag tyd daaraan bestee om die oortredinge te verwyder wat kan opbou en sodoende die helder, vloeiende strome van ons harte kan besoedel.



Vergifnis is die filtreerder wat die seer en woede uit jou hart skoonmaak. Dit maak die water weer helder. 



Dit is moeilik om te laat vaar en te vergewe as iemand ons seergemaak of sleg behandel het. Ons gevoel van geregtigheid vertel ons dit is eenvoudig nie reg dat hulle ons seergemaak het nie. Vergifnis is egter 'n besluit wat ons neem om die ander persoon vry te spreek van wat hulle gedoen het — of hulle nou bely of nie. Dit is wat Jesus gedoen het. Hy het ons vergewe nog voordat ons geweet het dat ons dit nodig het. Hy vra ons ook om dieselfde te doen. 



Die goeie nuus is dat vergifnis jou in werklikheid bevry. Daar word gesê dat vergifnis die gevangene vrylaat en dan besef jy dat jy die een agter tralies is. Vergifnis help jou om woede en gegriefdheid te laat vaar. As jy regtig in God se liefde wil leef, kies om seer en woede te laat vaar en maak jou hande oop sodat jy sy genade kan ontvang om te vergewe. 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Love Slows Down

Ons is uit liefde geskape, vir liefde geskape en is geroepe om in God se liefde te leef. Hierdie leesplan, gebaseer op die boek "Love Slows Down," sal jou help om woede en angs te verruil en jou te haas na die lewe in Go...

More

Ons wil Joël en Jonathan Malm bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://joelmalm.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid