Leesplan inligting

Veg TerugVoorbeeld

Fight Back

DAG 3 VAN 10

Ons is geskape as beeld van God en ontwerp om te heers. God het ons geseën met die kragtige opdrag om vrugbaar te wees en te vermeerder, om die aarde te vul en dit aan ons te onderwerp. Dan is daar die gedeelte van ons geestelike DNS, om "te heers." Ons is geskep om te heers, nie vir bevryding nie. Omdat Eva dit nie reggekry het om oor die slang heerskappy te voer nie, bevind ons onsself in die posisie waar ons bevryding van die vyand se heerskappy nodig het. 



Adam en Eva is in die paradys geplaas. Hierdie lieflike plek het ook 'n slang gehad. Ja, daar was 'n parasiet in die paradys. Die Paradys was nie ontslae van die vyand nie, maar 'n plek waar daaroor heerskappy gevoer moes word. God se siening van 'n goeie lewe op aarde was nie om afwesigheid van oorlogvoering te hê nie. Seën is om in oorwinning te wandel en heerskappy te voer. Daar was 'n slang in Adam se perfekte wêreld, maar toe Adam aan God ongehoorsaam was, het hy daardie heerskappy verloor. Nou staan hy onder die heerskappy van die vyand. 



Toe Jesus, die Seun van God, teen die verleier in die woestyn te staan gekom het, het die duiwel nie die feit weggesteek dat gesag oor die aarde nou aan hom behoort nie. Hy het verklaar dat al sy gesag aan hom oorgegee is. Hmmm, ek wonder wie dit aan die duiwel gegee het? Dit was beslis nie God gewees nie!  God het die aarde aan sy kinders gegee, die kinders van die mens. Natuurlik het God nie eienaarskap van die aarde aan die mens gegee nie, omdat die aarde steeds aan die Here behoort. God het die titelakte van die aarde behou, maar Hy het die verantwoordelikheid om daaroor te heers, aan die mens oorhandig. Deur te sondig gee ons onsself oor aan die vyand. Ons gee ons heerskappy oor en word slawe van sonde. 



Ons wandel óf in heerskappy oor die duiwel óf lewe onder sy sondeheerskappy. Omdat ons ons heerskappy verloor het, het ons verlossing nodig. Hou in gedagte dat ons nie vir verlossing geskape is nie, maar vir heerskappy. 



Dit was vir ons nodig om verlos te word omdat ons gefaal het om te heers. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Fight Back

Ons het nog baie stryde om te stry, maar ons veg nie om die oorwinning te behaal nie; ons veg vanuit die oorwinning wat alreeds aan die kruis behaal is. Daar is sekere vyande waarvan God jou vrymaak, maar dan is daar wee...

More

Ons wil graag dankie sê vir Vladimir Savchuk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.vladimirsavchuk.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid