Leesplan inligting

Veg TerugVoorbeeld

Fight Back

DAG 7 VAN 10

Toe Israel in Egipte was, het hulle op God se bevryding gewag, maar in die beloofde land het God vir hulle gewag om heerskappy te neem. In Egipte het God alles vir hulle gedoen met minimale deelname van hulle kant af. In die beloofde land het God alles saam met hulle gedoen, met die verwagting dat maksimum deelname van hulle sou kom. 



Nadat hulle Egipte verlaat het, moes hulle vir die wind gewag het wat die Rooisee sou verdeel, maar toe hulle die beloofde land binnegaan, moes God vir hulle gewag het om eers die Jordaan binne te stap voordat Hy die vloei daarvan gestop het. Ek vind dit nogal interessant dat God nie vir Josua gesê het: "Ek sal jou elke plek wat Ek vir Abraham, Isak en Jakob belowe het gee" nie.  In plaas daarvan het Hy gesê: "Ek gee aan julle elke plek waarop julle trap."  Elke plek waaroor julle trek. Elke plek wat jy onder jou voete verpletter. Elke plek wat jy vertrap. Dit verwys na oorlogvoering. Dit verg heerskappy. 



Dit mag nou as 'n skok kom, maar Israel het nie alles gekry wat God hulle belowe het nie; hulle het net gekry waarvoor hulle geveg het. Elkeen het bevryding van Egipte gekry, maar nie almal het heerskappy in die beloofde land gekry nie. Slegs diegene wat gewillig was om te "vertrap", hulle gesag uit te oefen, die vyand te vermorsel, oorlog te voer en te veg — het iets gekry. 





Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Fight Back

Ons het nog baie stryde om te stry, maar ons veg nie om die oorwinning te behaal nie; ons veg vanuit die oorwinning wat alreeds aan die kruis behaal is. Daar is sekere vyande waarvan God jou vrymaak, maar dan is daar wee...

More

Ons wil graag dankie sê vir Vladimir Savchuk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.vladimirsavchuk.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid