Leesplan inligting

Veg TerugVoorbeeld

Fight Back

DAG 5 VAN 10

Ons was voorheen slawe van die duiwel, maar nadat ons bevry is van ons geestelike Egipte, kan ons in die versoeking kom om 'n oorlewingsmentaliteit te ontwikkel. 'n Oorlewingsmentaliteit is 'n slagoffer-ingesteldheid. Ons moet die roeping aangryp om 'n goeie soldaat van God te wees. 



Israel kon nie die beloofde land met 'n slagoffer-ingesteldheid in besit neem nie. In werklikheid het die Israeliete wat bevry is nie regtig verstaan hoe God hulle sien nie; in hulle denke was hulle steeds slawe en het in die woestyn as slagoffers geleef en gesterf. Natuurlik het hulle vir God blameer vir hul mislukkings. Hulle het steeds verwag dat God alles vir hulle moes doen. Omdat hulle gefaal het om in soldate te ontwikkel, het hulle soos slawe gesterf, selfs al was hulle uit Egipte bevry. 




  • In Egipte was hulle slawe; in die beloofde land moes hulle soldate wees. 

  • In Egipte het hulle bevryding ontvang; in die beloofde land moes hulle in heerskappy wandel.

  • In Egipte het God hulle van die farao bevry; in die beloofde land het God hulle vertrou om die Filistyne te oorwin. 

  • In Egipte het plae hul vyand aangeval; in die beloofde land was hulle self die plaag — want hul teenwoordigheid het terreur na die nasies gebring. 

  • In Egipte het hulle van die vyand af weggehardloop; in die beloofde land het die vyand van hulle af weggehardloop. 

  • In Egipte het Moses die stok gebruik; in die beloofde land het Israel die ark gevolg.

  • In Egipte het hulle van die Egiptenare juweliersware en klere geëis; in die beloofde land het hulle dit eenvoudig net van die Kanaäniete gevat. 

  • In Egipte was hulle aan slawerny onderworpe; in die beloofde land het hulle as soldate geveg.


Israel het verwag dat God in die beloofde land sou doen wat Hy in Egipte vir hulle gedoen het. God het hulle egter nie bevry toe hulle in die beloofde land aangekom het nie. 



In plaas daarvan om van bevryding na bevryding te beweeg, het God vir ons ten doel om van bevryding na heerskappy te vorder. 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Fight Back

Ons het nog baie stryde om te stry, maar ons veg nie om die oorwinning te behaal nie; ons veg vanuit die oorwinning wat alreeds aan die kruis behaal is. Daar is sekere vyande waarvan God jou vrymaak, maar dan is daar wee...

More

Ons wil graag dankie sê vir Vladimir Savchuk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.vladimirsavchuk.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid