Leesplan inligting

Jy kan ‘n Geweldige Verskil MaakVoorbeeld

Jy kan ‘n Geweldige Verskil Maak

DAG 3 VAN 3

Oorvloedige Vreugde


Dit verbaas my telkens hoe ons as mense van mekaar verskil. Dis 'n wonderlike ding om te aanskou hoe iemand sy unieke talent en plek in die son vind — wat dit ook al mag wees. 


Jy weet mos, ons kan maklik vasgevang word in die lokval om onsself met ander mense rondom ons, of dié op sosiale media, te vergelyk en te dink: "Ag, ek sal dit nooit kan doen nie!" Dit vervul my met ontsag vir God as ek sien hoe iemand fokus daarop om God te gehoorsaam, deur dié mens te wees wat God hulle geskape het om te wees. Sy guns rus ons toe met daardie gawes.  In sy verbeeldingryke plan, word ons ook geseën deur die gawes en die vermoëns van ander mense.


En dit, my vriend, is Jesus se volmaakte plan vir ons lewens — 'n plan om ons as die kanaal te gebruik vir sy stortvloed van seën in hierdie wêreld.


As ons dit snap, is daar 'n deurbraak in ons begrip van wat dit beteken om 'n kragtige verskil in hierdie wêreld te maak. Kyk na nog ‘n voorbeeld hiervan in die Bybel: 


Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.” Hiermee het Hy na die Gees verwys, want die mense wat tot geloof in Hom kom, sou die Gees ontvang. Die Gees was nog nie uitgestort nie, omdat Jesus toe nog nie verheerlik was nie. 


(Johannes 7: 37–39)


God se plan is eenvoudig en ongekompliseerd — om jou propvol te maak, sodat jy versadig en tevrede is. En dan sal daar uit daardie oorvloed, strome lewende water, die Gees van God self, dag na dag uit jou hart vloei.


Dit gaan inspanning en harde werk verg. Maar Hy sal ook genesing bring vir elke stuk pyn, terwyl Hy jou verander en vorm om selfs meer perfek vir sy plan te word.


En weet jy, dat wanneer jy die spesiale gawe, wat Hy self vir jou gekies en gegee het, tot sy eer gebruik, sal jy die kragtigste impak ooit op hierdie wêreld hê.


Jy kan 'n kragtige verskil maak, amen! 





  1. Wat is die dinge wat jy geniet om te doen — wat jou ‘n doel in die lewe gee, vir jou vreugde bring en jou sterk laat voel? Skryf dit neer. 

  2. Is jy ongemaklik daarmee of vermy jy dit om Jesus se liefde met ander te deel? Hoe verander die idee om dit uit 'n hart wat oorvloei van liefde te deel, eerder as uit 'n gevoel van plig of verpligting, jou perspektief? 

  3. Wat is 'n paar eenvoudige maniere waarop jy jou gawes kan begin gebruik om God se oorvloedige liefde van jou hart af na 'n ander persoon s’n te herlei? Begin vandag. 




Voeg die Daad by die Woord: Bid saam met my: Here, U het eenmaal gesê dat dit tot u eer is, dat ek baie vrugte moet dra. Dit is die begeerte, die dors van my hart; om U te ken en deur U gevul te word en dan tot u eer, deur U, in die lewens van die mense om my, wat so dringend nodig het om U te ken, gebruik te word. Dit is wat ek vra. In Jesus se magtige naam. Amen!




Ontdek elke dag God se Woord VARS net vir jou. Ontvang die daaglikse VARS oordenking in jou e-posbus!  

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Jy kan ‘n Geweldige Verskil Maak

Daar is baie verlore en hartseer mense in hierdie gebroke wêreld, maar jy het die antwoord om vir hulle genesing en hoop te bring. Jou vreugde, vrede en vasberadenheid sal soos 'n lig in die duisternis skyn, wanneer die ...

More

Ons wil graag Christianityworks bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://christianityworks.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid