Leesplan inligting

Jy kan ‘n Geweldige Verskil MaakVoorbeeld

Jy kan ‘n Geweldige Verskil Maak

DAG 2 VAN 3

Die Vrede van Vervulling


Was jy al ooit so dors dat jy gedink het jy gaan sterf ... maar dan kry jy vars, koel, helder water om te drink en verander alles?


Dit is interessant dat toe Jesus oor sy plan vir ons lewens gepraat het, Hy die voorbeeld van dors en water gebruik het. Ek dink dit is omdat ons regtig kan identifiseer daarmee. Wanneer Jesus 'n Samaritaanse vrou by 'n put ontmoet, gaan die gesprek oor water . . .


'... Maar Jesus antwoord haar: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom 'n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.”


(Johannes 4: 13–14)


Ek wonder of die rede waarom so baie van God se kinders nie 'n noemenswaardige getuienis vir Christus is nie, is omdat hulle nog nooit dors genoeg was om van sy water te drink nie. O, ons is almal dors ... ons soek almal na daardie spesiale iets (of iemand) wat ons met tevredenheid en voldaanheid, vreugde en vrede, sal vul. Maar ons neig om op die omstandighede, eerder as op die ware, lewende water te konsentreer.


My vriend, kan ek jou vandag vra, of jy eerlik, soos die psalmskrywer, ook vir God kan sê:


"Soos 'n wildsbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o God. Ek dors na God, na die lewende God. Wanneer kan ek gaan en voor God verskyn?" 


(Psalm 42: 2-3) 


In hierdie verlange na God, lê die geheim daarin opgesluit om tot oorlopens toe gevul te wees. En die mate waarin ons oorloop van sy Gees, bepaal die impak wat ons vir Christus op hierdie wêreld maak.


Daar is so 'n ongelooflike bevrediging daarin om nie net vol van die Gees te wees nie, maar om tot oorlopens toe vol te wees. Die probleem is dat soveel van ons vir so lank so dorstig gelewe het, dat ons dit as normaal beskou. Dit is nie!


As ons met ons dors na Hom toe kom, drink ons uit ​​'n diep put met lewende water, en omdat God God is, vloei sy Gees uit ons harte na die droë lewens van die verlore en seergemaakte mense om ons. Dit is hoe dit bestem is om in my en jou lewe te werk.


Kan ek jou vandag aanmoedig om nie met naasbeste tevrede te wees nie. Moenie 'n droë, verdorde lewe aanvaar nie. Is jy dors ... wag dan om deur Hom gevul te word. Moenie iets anders aanvaar nie.





  1.  Ek wil terugspring en jou vra, hoe dors is jy vir Jesus? As jou antwoord is dat Hy nie ‘n prioriteit vir jou is nie, wil ek jou aanmoedig om elke dag hierdie week Psalm 42 te lees. Laat toe dat die Here jou dors maak. 

  2.  Kom ons staan stil by Jesus en die vrou by die put. Kyk na haar agtergrond (Johannes 4: 16-30). Gesien in die konteks van die dag — het sy Jesus se aandag en guns verdien? Hoe waardig voel jy? 

  3.  Waarom dink jy het Jesus daardie dag dié spesifieke vrou by die put uitgekies om mee te praat? Wat sê Jesus se keuse vir jou oor sy begeerte om jou tot oorlopens toe te vul en jou kragtig in ander se lewens te gebruik? 




Voeg die Daad by die Woord: Bid met ‘n dors en verlange om kragtig deur Hom gevul en gebruik te word.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Jy kan ‘n Geweldige Verskil Maak

Daar is baie verlore en hartseer mense in hierdie gebroke wêreld, maar jy het die antwoord om vir hulle genesing en hoop te bring. Jou vreugde, vrede en vasberadenheid sal soos 'n lig in die duisternis skyn, wanneer die ...

More

Ons wil graag Christianityworks bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://christianityworks.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid