Leesplan inligting

Jy kan ‘n Geweldige Verskil MaakVoorbeeld

Jy kan ‘n Geweldige Verskil Maak

DAG 1 VAN 3

Betree die Bonatuurlike

Soms is dit die dinge wat ons nie kan sien nie, wat juis die grootste invloed op ons welstand en lewe het — dinge soos hoë bloeddruk wat tot 'n hartaanval kan lei. Ons kan dit nie sien nie, ons kan dit nie juis voel nie, maar as dit jou tref, is die impak verwoestend.

Nou ja, ons weet dat dit liggaamlik so is ... maar dit is geestelik ook waar.

Ons kan probeer om dit te ignoreer, of te ontken dat daar 'n geestelike dimensie van lewe is, maar dít is dikwels die ding, wat ons beroof van die lewe waarvoor Jesus gesterf het en weer opgestaan ​​het, die lewe wat Hy vir ons wil gee.

Jesus het gesê:

'"n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed" (Johannes 10:10).

Die goeie nuus is dat ek en jy nie hulpeloos in hierdie stryd staan nie. Nee, God het ons op hierdie aarde geplaas om 'n groot verskil te maak; alles tot sy eer.

Wat doen ons daaromtrent? Paulus sê vir ons in sy brief aan die Efesiërs:

"Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas, en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete. Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer. Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God. Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges" (Efesiërs 6: 14-18).

Die antwoord is om daardie geestelike stryd — geklee met die bonatuurlike geestelike wapenrusting wat God aan ons bied — aan te pak.

Die antwoord is om die lewe te leef asof ons op 'n geestelike slagveld is (want dis presies waar ons is) en om in God se krag, in sy waarheid en sy geregtigheid die stryd te voer. Dit beteken dat ons, met ons geloof gevestig op Hom, met sy verlossing wat ons verstand beskerm, met sy Woord in ons hande en ons harte, sy evangelie verkondig terwyl ons deur die Gees bid.

As ons dit doen, is die oorwinning verseker.

Dit is die oorwinning wat jy in Jesus Christus ontvang het. Dit is die oorwinning wat jy nodig het as jy op hierdie aarde 'n daadwerklike verskil vir Hom wil maak!

  1. In watter mate leef jy jou lewe met erkenning van die werklikheid van die geestelike wêreld waarvan God in sy Woord praat, of ignoreer jy dit? Waarom dink jy doen jy dit?
  2. Lees Efesiërs 6:10-18. Wat sê God op hierdie oomblik vir jou oor die stryd waarin jy gewikkel is?
  3. Hoe kan jy daardie stryd anders benader in die lig van dit wat jy geleer het oor die bose magte van hierdie sondige wêreld en die bose magte in die lug?

Voeg die Daad by die Woord: Ruim 'n oomblik in om ‘n paar spesifieke onderwerpe neer te skryf waaroor jy wil bid.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Jy kan ‘n Geweldige Verskil Maak

Daar is baie verlore en hartseer mense in hierdie gebroke wêreld, maar jy het die antwoord om vir hulle genesing en hoop te bring. Jou vreugde, vrede en vasberadenheid sal soos 'n lig in die duisternis skyn, wanneer die ...

More

Ons wil graag Christianityworks bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://christianityworks.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid