Leesplan inligting

Vra, Dink, Verbeel JouVoorbeeld

Ask Think Imagine

DAG 8 VAN 22

Gevestig


Vandag se Skrifgedeeltes deel 'n sleutelles hoe om 'n lewe te lei waarin God voortdurend in staat is om onmeetbaar meer te doen as waarvoor ons kan vra, dink of ons kan voorstel.


Wat sal dit van jou verg om die volgende te kan sê?



  • Ek floreer geestelik, in my verhoudings en finansieel.

  • Ek weet dat ek elke jaar voortdurend God se vrugte in my lewe sal sien.

  • Selfs in die moeilike tye, vertrou ek op God en het geen bekommernisse nie.


Wat is die geheim om so te kan lewe? Dit is om jouself te vestig en te onthou waar jy jouself gevestig het — en vir hoe lank jy gevestig bly — wat saak maak.


Niemand sou verwag om 'n boom wat appels dra in die woestyn te sien nie, of om 'n reuse sipresboom te sien wat sy volle hoogte bereik as hy elke week uitgegrawe en op 'n ander plek uitgeplant word nie. Tog, hoe dikwels vestig ons onsself op die verkeerde plek of ontwortel ons onsself wanneer dinge te stadig vorder?


Is jy op die regte plek gevestig? Vra God om die antwoorde op hierdie vrae aan jou bekend te maak:



  • Is ek iewers gevestig wat my van God verhinder?

  • Waar moet ek myself eerder vestig?

  • Waarin moet ek eerder gevestig bly wanneer dit voel of ek moet aan beweeg?

Alex Tran
Kommunikasiespan


Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Ask Think Imagine

Hierdie leesplan is 'n viering van ons 25ste verjaardag in samewerking met die Life.Church personeel wat strek van pastore tot tegnici. Ons sien uit na nog baie jare saam deur God se voorsiening wat meer is as wat ons in...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid