Leesplan inligting

Vra, Dink, Verbeel JouVoorbeeld

Ask Think Imagine

DAG 22 VAN 22

Spring


Stel jou voor. Jy is in 'n vliegtuig, tienduisend meter bo die grond. Die vlieënier kyk na jou en sê jy moet spring. Jy vra hom of daar 'n fout met die vliegtuig is, en hy sê vir jou … nee. Jy vra dan vir 'n valskerm. Sy antwoord? Jy het nie een nodig nie.


O nee, slegte idee nè? Soms is dit presies hoe jy voel wanneer jy weet dat jy 'n geloofsprong moet neem. Dit voel asof jy vryval na 'n onsekere einde. Ek verstaan. Dit is waar ek myself 'n paar jaar gelede bevind het. Ek het geweet dat ek 'n geloofsprong in my lewe moes neem, maar dit het gevoel of al my omstandighede teen my was. Ek was bang.


 


Sê nou ek misluk? Sê nou mense verstaan nie hoekom ek dit doen nie? Sê nou ek kry seer op pad ondertoe? Sê nou …


As ons aanhou om onsself hierdie vrae te vra, sal ons nooit spring nie. Ons sal veilig in ons gemaksones sit en wonder wat kon dalk gebeur het. Ons sal nooit weet wat kon gebeur het as ons gehoorsaam was, in vertroue dat God elke enkele stukkie van ons lewens sal verlos tot sy heerlikheid en ons dra na 'n pragtige, hoopvolle beloning in die hemel by Hom.


God het jou vir 'n rede geskep. God kan meer doen as wat ons kan dink, vra of ons kan voorstel. God het jou toekoms reeds beplan. God het jou vir 'n spesifieke doel geskep. Waarvoor wag jy? Is jy gereed om te spring?


Bryan Hill
Broken Arrow Kampus Span


Dag 21

Aangaande hierdie leesplan

Ask Think Imagine

Hierdie leesplan is 'n viering van ons 25ste verjaardag in samewerking met die Life.Church personeel wat strek van pastore tot tegnici. Ons sien uit na nog baie jare saam deur God se voorsiening wat meer is as wat ons in...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid