Leesplan inligting

Vra, Dink, Verbeel JouVoorbeeld

Ask Think Imagine

DAG 1 VAN 22

Vra, Dink, Verbeel Jou


As jy nie versigtig is nie, sal jy dalk die verrassende waarheid wat in Efesiërs 3:20 weggesteek is miskyk. Ons weet dat God "magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink." Maar dit is die "deur sy krag wat in ons werk"-gedeelte waarmee ek worstel. God se onbeperkte krag berus op ons wankelende mense.


Van Genesis af, werk God op daardie manier. Eden was broos. Die lot van die paradys het op twee lomp, kaal mense berus. Die gesag oor die aarde en die verantwoordelikheid van sonde het in die weegskaal gehang terwyl 'n paartjie wat ongetoets en ongekwalifiseer met versoeking geworstel het. Noag is gevra om 'n boot te bou wat die voortbestaan van die toekomstige aarde moes dra, terwyl hy onder kritiek en bespotting moes deurloop. Op sy rype ouderdom, moes Abraham genoeg stamina bymekaarskraap om sy vrou swanger te maak en 'n kind groot te maak uit wie 'n nasie sou groei.


God se "interafhanklikheid" is 'n verborgenheid. Hy het ons nie nodig nie, maar Hy verkies om deur ons te werk om sy planne tot uitvoering te bring. Hierdie ontstellende uitgangspunt gee my hoop. Die reëls het nie verander nie. God wag steeds op iemand wat naïef genoeg is om optimisties te wees, iemand wat dapper genoeg is om in die onwaarskynlike te glo. Dit sal verskriklik moeilik wees, soos dit nog altyd was — maar net so geweldig lonend.


Michael Martin
YouVersion Span


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Ask Think Imagine

Hierdie leesplan is 'n viering van ons 25ste verjaardag in samewerking met die Life.Church personeel wat strek van pastore tot tegnici. Ons sien uit na nog baie jare saam deur God se voorsiening wat meer is as wat ons in...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid