Leesplan inligting

Onverwagse Tuisskool Onderwyser Voorbeeld

Unexpected Homeschooler

DAG 4 VAN 5

Wedywering Tussen Boeties en Sussies



Jou grootste vrees in hierdie besluit oor tuisonderrig mag berus op die wete dat jy jou kinders dag en nag — elke liewe dag — tuis gaan hê. Vanselfsprekend mag dit aanleiding gee tot baie stryery en rusies, of sommer openlike bakleiery. 



Sal julle twee nie net ophou met julle stryery nie?? ” Is dit nie die hartsbegeerte van elke ma vir haar kinders nie? Al die getwis, bakleiery, stoeiery, geskree, die geklap van deure ... Dit is oorweldigend. Dit is net te veel. 



Baie noem dit wedywering tussen boeties en sussies. Alhoewel ek nie dink dis die regte terminologie nie (mens praat tog nie van wedywering in 'n huwelik nie?), blyk dit asof boeties en sussies net nooit "oor die weg kom nie".



Weet jy waarom? Dit is omdat hulle so grootgemaak word — deur julle! Dit is nie per ongeluk dat julle kinders, met hul totaal uiteenlopende persoonlikhede, in julle gesin geplaas is nie. Dit is ook nie per ongeluk dat julle as hulle ouers gekies is nie. Dink daaraan as huweliksopleiding! Is jy en jou man nie feitlik heeltemal teenoorgesteldes nie? 



Hoe moet jy al hierdie geskille tussen jou kinders hanteer? Ek weet jy voel soos 'n skeidsregter, wat net aanhou en aanhou met versoeke en opdragte. Ek weet jy dink dat daar geen sprake van akademiese opvoeding kan wees nie, juis as gevolg hiervan. Ek weet ook dat as jy die voorbeeld stel en jou kinders aanmoedig om mekaar lief te hê en van mekaar te hou, dat hulle — op 'n punt — hierdie eienskappe as hul eie sal toeëien, selfs al is dit wanneer hulle 21 is. 



Sal hulle dit vervolmaak? Nee. Sal dit vir jou nodig wees om dieselfde ding te herhaal totdat hulle uit jou huis trek en in hul eie gaan bly? Heel waarskynlik, ja. 



Onthou hulle, net soos ons, is in opleiding. Genadiglik het Jesus ons nie geroep om perfek te wees nie, maar eerder om daagliks sy perfekte weg te kies. 



Verhoudings is die plek waar ons oefen om lief te hê! Deur ons harte met sy hart te belyn, sal die gapings tussen die mislukkings en suksesse in ons verhoudings al hoe kleiner raak. 



Deur jou pogings, maar veral deur jou voorbeeld, sal jou kinders meer leer as wat enige woorde ooit kan sê. 



Vader, dit is 'n skrikwekkende gedagte om my kinders heeldag by die huis te hê. Al die stryery! Ek dink dit sal my oor die spreekwoordelike afgrond dryf. Ek dink ook dat dit iets is wat sal maak dat ek voortdurend na U toe sal hardloop vir geduld, selfbeheersing, en leiding. Ek kies nou reeds om op U te fokus, pleks van wat mag gebeur in die tyd wat voorlê. Ek bid ook nou vir my kinders se harte. Ek weet dat hierdie veranderinge ook vir hulle moeilik is. Mag u vreugde ook oorvloedig in ons huis ervaar word — beginnende by my eie hart. Dankie dat U my liefhet. 



Oorweeg om Paul Tripp se uitstekende boek "Parenting: 14  Gospel Principles That Can Radically Change Your Family" te lees.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Unexpected Homeschooler

Jy het waarskynlik nooit gedroom dat jy jouself in hierdie posisie gaan bevind waar jy sulke moeilike besluite oor jou kinders se onderwys sal moet neem nie. Maar nou, in hierdie ongekende tyd, is jy besig om tuisonderri...

More

Ons wil graag Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: http://instagram.com/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid