Leesplan inligting

Onverwagse Tuisskool Onderwyser Voorbeeld

Unexpected Homeschooler

DAG 2 VAN 5

Eerste Dinge Eerste



Die grootste les wat ek geleer het in al die jare wat ek my kinders 24/7 tuis gehad het, was om my dag — elke dag — met Jesus te begin. Dit is 'n gebruik wat ek nou nog volhou.



Dit sal die moeilikste ding wees waarvoor jy jou sal moet beywer — vir jouself, vir jou geestes- en verstandelike gesondheid. Op die ou end word die meeste van ons gevegte in ons kop geveg. Daarom is dit so belangrik om 'n gesonde verstand en geestelik-gesonde hart te hê. 



Dit was vir my belangrik om elke oggend baie vroeg op te staan. Dit het my die geleentheid gebied om my hart met Syne te belyn — om oor die goeie en regte dinge te dink voordat die chaos van die dag begin. Dit het die toon aangegee voordat die kinders wakker geword het; voordat die aanhoudende vrae en gekibbel begin het. 



Jou "beste" tyd mag moontlik nie vroeg in die môre wees nie, maar ek wil jou uitdaag om met hierdie praktyk te begin. Die Skrif moedig ons aan om soggens vroeg die dag met hernude genade te begin. Dit is die ideale manier om weer te begin, om weer te probeer, om 'n nuwe perspektief op die teleurstellings of mislukkings van die vorige dag te verkry. Dit is die stille geleentheid om in dankbaarheid sy guns en goedertierenheid te geniet en ons harte en gedagtes op Syne in te stel — die enigste vaste fondament in hierdie deurmekaar wêreld.



Gaan dit jou iets kos? Ongetwyfeld! Ons is beslis lief vir ons slaap. Ek daag jou egter uit om môre jou dag — en elke dag vorentoe — met Hom te begin. Ek kan jou belowe, jy sal nooit teleurgesteld wees nie.



Vader, U weet dat hierdie teen my geaardheid is. U weet vir seker hoe baie ek daarvan hou om laat te slaap en hoe moeilik dit vir my is om soggens vroeg aan die gang te kom. Ek bid dat U my sterk sal maak. Mag my hart en verstand die waarheid aanvaar dat ek U méér benodig — eerder as 'n bietjie meer slaap — om deur hierdie dag te kom. Help my om die versoeking te weerstaan om soggens om te rol en verder te slaap. Ek stel nou dadelik my wekker! 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Unexpected Homeschooler

Jy het waarskynlik nooit gedroom dat jy jouself in hierdie posisie gaan bevind waar jy sulke moeilike besluite oor jou kinders se onderwys sal moet neem nie. Maar nou, in hierdie ongekende tyd, is jy besig om tuisonderri...

More

Ons wil graag Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: http://instagram.com/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid