Leesplan inligting

Onverwagse Tuisskool Onderwyser Voorbeeld

Unexpected Homeschooler

DAG 3 VAN 5

Hou Die Hoofsaak Die Hoofsaak



Een van die grootste worstelinge wat jy met hierdie besluit mag ervaar, is jou gevoel van onbekwaamheid om jou kinders met hul skoolwerk te help. Miskien is akademie nie een van jou sterkpunte nie. Jy is moontlik onseker oor watter kurrikulum of program om te volg, of dalk hou jy nie van dít wat vir jou aangebied word nie. 



Ek wil graag vir jou 'n ander perspektief op hierdie gedagtes en vrese gee. Tuisonderrig gaan heelwat meer oor die saamdoen van dinge, eerder as wat dit bloot op die akademiese onderrig-en-leer fokus. 



Een van die heel beste dinge van tuisonderrig is die vermoë om op jou kind se persoonlike karaktervorming te konsentreer. Jy mag dink: "O, wonderlik!" Hierdie is egter 'n betekenisvolle geleentheid. Jou kinders word aan jou geskenk om — bloot vir 'n kort tydperk — te begelei en te beïnvloed vir God se koninkryk. Dit is jou hoogste roeping as ouer.



Die geleentheid om hulle op te voed vind plaas deur gebeure uit die alledaagse lewe. In ons gesin se woonkamer hang daar steeds 'n spreuk wat lui: "Die lewe is 'n skool". Alhoewel die akademie belangrik is, is daar nie dalk ander dinge wat selfs nog belangriker en van groter betekenis vir ons kinders is nie? Die betoning van eer en respek aan ander, net soos eerlikheid, integriteit en om moed te hou, is broodnodig in ons hedendaagse wêreld. Die aanleer van 'n sterk werksetiek, hoe om geld te spaar en te bestuur en so baie ander lewensvaardighede wat nooit in 'n tradisionele klaskamer onderrig word nie, is belangrike dinge wat jy tot jou "skool" kan toevoeg.



Tuis sal jy die geleentheid kry om die karaktereienskappe van Jesus te onderrig en te demonstreer — vrugte wat voortvloei uit 'n lewe in sy teenwoordigheid. Namate jou kinders meer tyd in jou en jou man se teenwoordigheid deurbring, pleks van saam met hulle skoolmaats, sal hierdie eienskappe vinniger en dieper ontwikkel word, selfs al wil jou daaglikse indrukke jou anders oortuig. 



Jy sal ook die geleentheid gebied word om jou kinders te begelei "in die rigting wat hulle moet gaan" soos wat jy hulle jong en onderontwikkelde voorliefdes en gawes ontdek. Soos wat daardie belangstellings openbaar word, kan jy hulle leergeleenthede verbreed met kwaliteit boeke, video's, en selfs moontlike reise — waar almal gesamentlik kan leer! Jou kind se verbeelding en nuuskierigheid sal toeneem met hierdie nuutgevonde vryheid van verrykte en ontdekkende onderwys.



Die lekkerste daarvan om jou kinders tuis te hê, is die geleentheid om sterk en langdurige verhoudings met hulle te bou. Op stuk van sake, verhoudings word gebou deur tyd saam deur te bring. Vind geleenthede om te bind eerder as om onafhanklik van mekaar te leef. Ontdek gemeenskaplike belangstellings en bring die dae wat julle saam is, op 'n kreatiewe manier deur. Moenie dit sien as iets wat verduur moet word nie, maar sien dit eerder as 'n tyd wat gekoester en geniet moet word. Dit sal gebeur namate julle meer gereeld tyd saam met Jesus deurbring om julle denke te vernuwe en God se wil in julle lewe te soek. 



Vader, ek sal dit erken, aangesien U dit reeds weet. Somtyds hou ek nie eers van my eie kinders nie. Dit is hartverskeurend om dit te erken, maar dis waar. Ek wil graag 'n goeie verhouding met hulle hê, maar meestal voel ek verlore. Voordat hierdie malligheid begin het, kon ek my eie lewe voer — nou voel dit vir my asof ek dit verloor het. Sal U my asseblief dapper en kreatief maak om buite die grense van ons kurrikulum te beweeg? Openbaar asseblief ook aan my geleenthede waar ek met my kinders kan verbind. Sal U my 'n prikkie gee wanneer my hart en verstand na ander omstandighede smag as wat ek tans ervaar? Sal U aan my laat deurskemer waarmee U besig is in ons verhouding wanneer ek handdoek wil ingooi of onder my bed wil gaan wegkruip? Ek het U nou meer as ooit tevore nodig. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Unexpected Homeschooler

Jy het waarskynlik nooit gedroom dat jy jouself in hierdie posisie gaan bevind waar jy sulke moeilike besluite oor jou kinders se onderwys sal moet neem nie. Maar nou, in hierdie ongekende tyd, is jy besig om tuisonderri...

More

Ons wil graag Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: http://instagram.com/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid