Leesplan inligting

Die Selfversekerde Vrou OordenkingVoorbeeld

The Confident Woman Devotional

DAG 2 VAN 14

Wanneer Jy Bang Voel



Net omdat gewone mense stappe doen om buitengewone dinge te bereik, beteken dit nie dat hulle nie vrees ondervind nie. Ek glo die Ou Testamentiese heldin Ester, was bang toe sy gevra is om haar bekende, gemaklike lewe te verlaat en deel van die koning se harem te word, sodat sy deur God gebruik kon word om haar volk te red. Ek glo Josua het vrees ervaar toe hy, na Moses se dood, die taak gekry het om die Israeliete die beloofde land in te lei. Ek weet ek was bang toe God my geroep het om my werk te bedank en my vir die bediening voor te berei. Ek onthou nog hoe my knieë gebewe het en my bene so swak gevoel het dat ek gedink het ek sal omval. Ek onthou die vrees wat ek destyds gevoel het, maar dit maak my nou nog banger om te dink hoe my lewe sou wees as ek nie die vrees in die gesig gestaar het en vorentoe beweeg het om God se wil te doen nie.



Vrees beteken nie jy is 'n lafaard nie. Dit beteken net dat jy bereid moet wees om die vrees te voel en in elk geval te doen wat jy moet doen.



Bid: Here, dankie vir al die voorbeelde in u Woord van individue wat in geloof vorentoe getree het ten spyte van hulle vrese. Help my om dieselfde te doen. Amen.



Uit die boek "The Confident Woman Devotional" deur Joyce Meyer. Kopiereg 2011 deur Joyce Meyer. Gepubliseer deur FaithWords. Alle regte voorbehou.
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The Confident Woman Devotional

Vroue is 'n kosbare geskenk van God aan die wêreld. Jy is kreatief, deernisvol, intelligent en, volgens die Bybel, gelyk aan mans. Jare se misbruik en verkeerde sienings van vroue het egter veroorsaak dat baie van julle ...

More

We would like to thank Joyce Meyer Ministries for providing this plan. For more information, please visit: www.joycemeyer.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid