Leesplan inligting

Die Selfversekerde Vrou OordenkingVoorbeeld

The Confident Woman Devotional

DAG 1 VAN 14

Glo in Jou Waarde



Staan 'n paar minute af om jou te hart ondersoek. Hoe voel jy oor jouself? As jou antwoord nie met die Woord van God ooreenstem nie, moedig ek jou aan om vandag te begin om jou gedagtes oor jouself te vernuwe.



Sien jouself soos God jou sien. Bestudeer die Woord van God en jy sal uitvind dat jy kosbaar is, deur God se hand geskape. Jy is nie 'n ongeluk nie. Selfs al het jou ouers vir jou gesê hulle wou jou nooit regtig hê nie, kan ek jou verseker dat God jou wou hê. Jy is waardevol, jy word op prys gestel, jy is begaafd, jy is talentvol, en jy het 'n doel op hierdie aarde.



"Tot nou toe het julle nog nie in my Naam gebid nie. Bid, en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees" (sien Johannes 16:24). As jy onwaardig voel, sal jy waarskynlik nie vra nie, en selfs al vra jy, sal jy nie deur geloof ontvang nie. Moenie dat gevoelens jou langer beheer nie. Neem 'n stap in geloof en begin vandag om jou lewenskwaliteit te verbeter. Glo dat jy goeie besluite neem, dat jy 'n waardevolle mens is met 'n mooi toekoms, en dat iets goeds vandag met jou gaan gebeur!



Bid: Here, sal U my hart tot in die dieptes met u liefde vul. Ek glo U het 'n mooi toekoms vir my en dat ek in u doel vir my lewe kan wandel. Amen.



Uit die boek "The Confident Woman Devotional" deur Joyce Meyer. Kopiereg 2011 deur Joyce Meyer. Gepubliseer deur FaithWords. Alle regte voorbehou.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Confident Woman Devotional

Vroue is 'n kosbare geskenk van God aan die wêreld. Jy is kreatief, deernisvol, intelligent en, volgens die Bybel, gelyk aan mans. Jare se misbruik en verkeerde sienings van vroue het egter veroorsaak dat baie van julle ...

More

We would like to thank Joyce Meyer Ministries for providing this plan. For more information, please visit: www.joycemeyer.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid