Leesplan inligting

Die Selfversekerde Vrou OordenkingVoorbeeld

The Confident Woman Devotional

DAG 14 VAN 14

Wees Dapper



Rosa Parks (1913-2005) was die onbekende naaldwerkster wat die moderne Amerikaanse Burgerregtebeweging begin het. Op 1 Desember 1955, in die stad Montgomery, Alabama, het sy geweier om in die agterkant van die bus te gaan sit nadat 'n wit man in die bus geklim het en op 'n voorste sitplek wou sit. Rosa se ma het geglo "jy moet alle geleenthede benut, dit maak nie saak hoe min daar is nie." Rosa het gesê dat haar lewenslange saamleef met vrees, haar vasbeslote gemaak het en haar die moed gegee het om teen haar skuldigbevinding te appelleer tydens die busboikot wat op haar arrestasie en skuldigbevinding gevolg het. Die Amerikaanse hooggeregshof het beslis dat apartheid op busse ongrondwetlik is. Parks was die swart eerste vrou wat die Martin Luther King Jr. Nonviolent Vredesprys ontvang het.



Rosa het geweier om in vrees te lewe; sy was vasbeslote om te kry wat regmatig hare was, en haar vasberadenheid het regeringshervorming vir almal teweeggebring.



Uit Rosa se lewe sien ons dat as een persoon moedig genoeg is om op te tree en iets aan 'n probleem te probeer doen, ander mense met dieselfde begeerte ook na vore sal kom.



Bid: Here, help my om altyd die moed te hê om nie toe te laat dat ander vat wat regmatig myne is nie. Help my om dit wat verkeerd is, met die waarheid van u Woord te konfronteer. Amen.



Uit die boek "The Confident Woman Devotional" deur Joyce Meyer. Kopiereg 2011 deur Joyce Meyer. Gepubliseer deur FaithWords. Alle regte voorbehou.
Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

The Confident Woman Devotional

Vroue is 'n kosbare geskenk van God aan die wêreld. Jy is kreatief, deernisvol, intelligent en, volgens die Bybel, gelyk aan mans. Jare se misbruik en verkeerde sienings van vroue het egter veroorsaak dat baie van julle ...

More

We would like to thank Joyce Meyer Ministries for providing this plan. For more information, please visit: www.joycemeyer.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid