Leesplan inligting

Onvolmaakte Mense in die Bybel Voorbeeld

Imperfect People in the Bible

DAG 7 VAN 7

Paulus



Die apostel Paulus, voorheen Saulus, was 'n ywerige Jood en Fariseër. Hy het probeer om die Christendom uit te roei. Jesus verskyn egter aan hom op die pad na Damaskus. Hierdie gebeurtenis verander hom en hy word die geliefde apostel Paulus. 



Paulus was passievol oor hierdie genade wat hy van Jesus ervaar het. Tot so 'n mate dat hy moeilike onderwerpe aangepak het en nie weggeskram het van omstredenheid nie. Hy het 'n noodsaaklike rol gespeel in die verkondiging van Jesus Christus se evangelie aan die heidene. Ook het hy vele gemeentes tot stand gebring en 13 van die 27 Nuwe Testamentiese boeke geskryf. 



Hier is twee lesse uit die lewe van Paulus:



God Gooi Niks Weg Nie

Paulus was 'n baie intelligente en toegewyde Jood. Hy het sy godsdiens van voor tot agter geken. Hy het uit die regte familie gekom, al die regte dinge gedoen, en het volgens die wet, 'n "foutlose" lewe gelei. Sy eie woorde was: "Maar wat eers vir my 'n bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus" (Filippense 3:7). Alles wat hy tot op daardie stadium geleer en gedoen het, het nie meer saak gemaak nie. Wat egter so wonderlik daarvan is, is dat alhoewel Paulus nie meer vertroue in sy verlede geplaas het nie, God dit juis gebruik het. Alles wat hy geweet het, het hy gebruik om andere te leer dat niks daarvan saak maak nie — al wat saak maak is om Jesus te ken. 



Paulus Het Alles Gegee

Van die oomblik van Paulus se bekering af, toe hy tydelik verblind was op pad na Damaskus, het hy met sy hele wese begin om Jesus te leer ken. Die briewe wat hy geskryf het aan die gemeentes wat hy tot stand gebring het — Korintiërs, Galasiërs, Efesiërs, Filippense, Kolossense — is vol van sy passie en begeerte om te sien dat mense die evangelie boodskap aanvaar. Hy was nie 'n halfhartige navolger van Jesus  wat op sy byna perfekte opvoeding staat gemaak het nie. Nee, hy het alles prysgegee en 'n nuwe lewe begin deur die opgestane Verlosser te dien wat hy voorheen bespot het.



Voordat Christus in die lewe van Paulus ingegryp het, het hy aaklige dinge gedoen. Nadat Jesus hom egter gered en tot diens geroep het om die evangelie vir almal toepaslik en beskikbaar te maak, het sy invloed letterlik die wêreld verander.


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Imperfect People in the Bible

Al het jy volgens menslike standaarde geringe of groot foute gemaak, wil God jou steeds gebruik. In hierdie sewe-dag leesplan sal ons van ses individue in die Bybel hoor wat deur God gebruik is, ongeag waar hulle vandaan...

More

Baie dankie aan YouVersion Originals wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://youversion.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid