Leesplan inligting

Onvolmaakte Mense in die Bybel Voorbeeld

Imperfect People in the Bible

DAG 5 VAN 7

Jona



Dit gebeur soms dat ons onsself in sondige plekke bevind omdat ons nie oplettend genoeg was nie. Ons het lui geword en uiteindelik in 'n warrelwind van verskriklike keuses beland, met ewe verskriklike gevolge. Ander kere het ons goed geweet wat ons doen toe ons gekies het om aan God ongehoorsaam te wees.



God het vir die profeet Jona aangesê om vir die mense van Nineve te gaan preek, sodat hulle hul kon bekeer en tot God wend. Jona was duidelik nie ingenome met hierdie opdrag nie en het van God af weggehardloop na Tarsus, 'n stad wat in die teenoorgestelde rigting as Nineve geleë was. Hy het uiteindelik aan boord van 'n skip gegaan om so ver as moontlik van Nineve af weg te kom. 



Ongelukkig het sy swak keuse om God se opdrag te vermy, nie baie goed uitgewerk nie. Dit was nie lank nie of 'n storm het opgekom wat gedreig om die hele bemanning te laat omkom. Jona het dadelik geweet dat hierdie situasie ontstaan het weens sy ongehoorsaamheid aan God. Dus het hy die bemanning ingelig dat dit sy skuld was. Jona 1:15 sê: "Hulle vat toe vir Jona en gooi hom in die see. Die storm op die see het toe bedaar." 



Asof dit nie genoeg was nie, sluk 'n groot vis hom in toe hy in die see beland. Hy bring drie dae en drie nagte in die maag van die vis deur, waarna hy op droë land uitgespoeg word. Na sy bevryding uit die maag van die vis, het Jona uiteindelik besluit om God te gehoorsaam en vir die mense van Nineve gaan preek om hulle te bekeer.



Hier is twee lesse uit die lewe van Jona:



Staan Jou Man, Moenie Weghardloop Nie

Toe God vir Jona beveel het om vir 'n groot stad vol sondaars te gaan preek om hulle te bekeer, wou hy niks daarvan weet nie. Dus het hy weggehardloop. Indien Jona net aan God gehoorsaam was en van die begin af gedoen het wat hy moes, sou hy nie met die gevolge van sy dade opgeskeep gesit het nie; wat drie dae in die maag van 'n vis ingesluit het. Dikwels ervaar ons moeilike omstandighede in ons lewens en kies ons om dit eerder te ignoreer of te ontken, as om dit te hanteer. Kom ons pak daardie moeilikhede aan en laat God toe om ons te help. 



God Se Plan Seëvier

Terwyl die mense in Nineve 'n bose en sondige lewe geleef het, was dit God se begeerte om hulle te red. Dit was God se plan van die begin af en dit het so gebeur. Ongeag wat ons planne en drome is, ons moet verstaan dat God oppermagtig is. Dit is God se skepping waarin ons leef. Ons is hier vir sy doelwitte, nie anders om nie. 



Almal van ons het dinge wat ons nie wil doen nie. In plaas daarvan om van ons verantwoordelikhede en roepings af weg te vlug, kom ons gehoorsaam God van die begin af en kyk hoe Hy werk en lewens verander. Hy is oppermagtig en ons moet dit as 'n eer beskou om deel van sy werk op aarde te wees.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Imperfect People in the Bible

Al het jy volgens menslike standaarde geringe of groot foute gemaak, wil God jou steeds gebruik. In hierdie sewe-dag leesplan sal ons van ses individue in die Bybel hoor wat deur God gebruik is, ongeag waar hulle vandaan...

More

Baie dankie aan YouVersion Originals wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://youversion.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid