Leesplan inligting

Onvolmaakte Mense in die Bybel Voorbeeld

Imperfect People in the Bible

DAG 6 VAN 7

Petrus



Ons word aan 'n visserman voorgestel met die naam Petrus, toe Jesus hom roep om Hom as een van die 12 dissipels te volg. Hy is eerste geroep en word dikwels ook eerste genoem wanneer die dissipels se name genoem word, wat gewoonlik die belangrikheid van 'n persoon aandui. Hy was deel van die "binnekring", wat ook vir Jakobus en Johannes ingesluit het. Sy leierskap was duidelik sigbaar en hy was gewoonlik die mees uitgesproke van die dissipels. 



Toe dit 'n gepaste tyd was om te praat, het hy egter nie. Jesus het voorspel dat Petrus hom sou verloën, alhoewel Petrus volgehou het dat hy nooit so iets aan sy Verlosser en Vriend sou doen nie. Dis tragies, maar presies wat hy gedoen het. Gelukkig was God nie klaar met Petrus nie en het Hy groot planne gehad om hom te gebruik om die evangelie te versprei. Van toe af was Petrus 'n instrument vir God om almal wat wou luister, van Jesus te vertel.



Hier is twee lesse uit die lewe van Petrus:



Ons Doen die Ondenkbare

Petrus het gesê dat hy Jesus nooit sou verlaat of verloën nie. Hy het selfs gesê al moet hy saam met Jesus sterf, sal hy aan Hom getrou bly. Tog het Petrus die een ding gedoen wat hy nooit gedroom het hy sou doen nie. Ons is baie keer net so. Ons oordeel ander vir hul swak keuses en sê: "Ek sal nooit so iets doen nie!" Dan gebeur daar iets in ons lewens en ons vergeet om onsself teen goddelose invloede te beskerm en doen die een ding wat ons gesê het ons nooit sal doen nie. Ons sal wys wees as ons verstaan dat ons altyd waaksaam moet wees, want ons geestelike vyand sal wát wil gee om ons op hierdie manier te beroof. 



God Verloor Nooit Moed Met Ons Nie

Om Jesus vir drie jaar so getrou te volg, om Hom te ken as Verlosser en Vriend, en om Hom dan in sy donkerste uur te verlaat, sou vir vele onvergeeflik wees. Nie Jesus nie. Hy is die uiterste Gewer van genade en ekstra kanse. So erg as wat Petrus se ontkenning was, het Jesus steeds 'n doel vir Petrus se lewe gehad: om mense te "voed" met die boodskap van verlossing en hoop in Hom. 



Selfs met verloëning in sy verlede het Petrus 'n groot impak op die kerk en die verspreiding van die evangelie gehad. Alhoewel hy nie gesterf het toe Jesus gearresteer is nie, het hy die dood van 'n martelaar vir sy Verlosser, Here en Vriend, gesterf.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Imperfect People in the Bible

Al het jy volgens menslike standaarde geringe of groot foute gemaak, wil God jou steeds gebruik. In hierdie sewe-dag leesplan sal ons van ses individue in die Bybel hoor wat deur God gebruik is, ongeag waar hulle vandaan...

More

Baie dankie aan YouVersion Originals wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://youversion.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid