Leesplan inligting

Angstig Oor GeldVoorbeeld

Anxious About Money

DAG 5 VAN 5

Die Kuur Vir Finansiële Angs



Wanneer ons oor ons finansiële voorsiening angstige gedagtes kry, sou dit baie lekker gewees het as ons net ons moeilikhede kon weg wens deur gelukkige gedagtes te dink. Ongelukkig verg dit veel meer om ons te help om sulke nood in ons denke te oorkom. 



Paulus skryf in die laaste deel van Handelinge 2 oor die vroeë kerkgemeenskap. Hierdie nuwe gelowiges in Jesus het nie aan hulle besittings of geld vasgeklou nie. Hulle het toegelaat dat wat hulle ook al gehad het, baie lossies in hulle uitgestrekte hande lê. Dit was alles God se voorsiening vir hulle lewens. Hulle het nie soseer vertroue gehad in wat Hy vir hulle gegee het nie, hulle het eenvoudige en kragtige vertroue gehad in Hom as hulle enigste Voorsiener. 



Wat kan ons dus leer uit hierdie Skrifgedeelte en ander dwarsdeur die Bybel wat daaroor gaan om 'n kuur vir finansiële angs te kry? Daar is baie idees, maar hierdie twee sal waarlik 'n omwenteling bring in die manier waarop ons na ons finansies kyk:



Dankbaarheid

Jy het waarskynlik al die frase gehoor: "Dankbare mense is gelukkige mense." Daar steek baie waarheid in. Dink daaroor. Het jy al ooit iemand ontmoet wat gevul is met dankbaarheid, maar ongelukkig is? Wanneer ons ons denke daarop instel om dankbaar te wees vir wat ons het, sal ons minder bekommerd wees, ons verknies of kla oor wat ons nie het nie. Skryf of sê hardop waarvoor jy dankbaar is, elke keer as jy angstig raak. As jy dit doen, sal jy mettertyd tot die gevolgtrekking kom dat wat God vir jou voorsien het, waarlik 'n geskenk is.



Vrygewigheid

Wanneer ons 'n vrygewige verwysingsraamwerk het, kies ons om vrygewig te wees. Baie soos die vroeë kerkgelowiges moet ons oop hande hê in die hoop dat dit ander kan seën. Die oomblik wanneer ons ons hande om geld en besittings klem, het ons 'n vrygewige leefstyl uit die oog verloor. Om vrygewigheid uit te beeld beteken nie dat ons oorvloedige besittings of selfs geld het nie. Ons wag nie om die Lotto te wen, om 'n erflating te ontvang, of om 'n betrekking met 'n 6-syfer salaris los te slaan nie. Om met 'n verwysingsraamwerk van vrygewigheid te lewe, beteken dat ons dit wat ons het wil deel. Soek na geleenthede om vrygewig te wees met dit wat jy het — baie of min. Wat jy as ongewens beskou, mag die antwoord van iemand anders se gebed wees. 



Deur dankbaarheid en vrygewigheid in ons lewens in te sluit sal ons verwysingsraamwerk verskuif van: Ek sal nooit genoeg hê nie en kan niemand help nie" na "Ek is dankbaar vir wat ek het, dus sal ek ander seën."  Namate ons hierdie skuif in ons denke maak, sal ons begin om ons lewens in God se oorweldigende oorvloedige vrede te leef, wat op sy beurt enige finansiële angs sal verdryf. 


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Anxious About Money

Finansiële angs kom in ons lewens voor wanneer ons ongemaklik, senuweeagtig, bang of benoud oor ons finansies is. God wil nie hê dat ons finansieel onrustig of bang moet leef nie. In hierdie vyf dag leesplan sal ons verk...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid