Leesplan inligting

Angstig Oor GeldVoorbeeld

Anxious About Money

DAG 2 VAN 5

Identifiseer die Bron van Ons Finansiële Angs 



Om angstig te wees oor 'n finansiële stryd kan verlammend wees. Ons wil pogings aanwend om vooruit te kom, maar soms keer ons net weer terug na die situasie waarin ons voorheen was: ons verdien, ons betaal rekeninge, iets onverwags duik op en ons raak paniekerig. Dan herhaal ons die siklus.



Wanneer ons met ons besorgdhede, vrese en kommer na God toe gaan, voorsien Hy onverstaanbare vrede wat ons te midde van ons finansiële storm gerusstel. Ons het egter ook 'n deel om te doen. Ons moet vir onsself uitwerk wat ons doen om elke keer na dieselfde finansiële verknorsing terug te keer. 



Sommige vrae wat ons onsself kan afvra om by die bron van ons finansiële angs uit te kom, is:



Het iets onverwags gebeur?

Is my bestedingsgewoontes buite beheer?

Verdien ek nie genoeg om te voorsien nie?

Verwar ek begeertes en behoeftes?



Kom ons ontleed daardie vrae verder om duidelikheid te kry oor ons finansiële angs.



Onverwagse Gebeure

Soms word ons lewe getref deur gebeure wat uit die bloute kom. 'n Motor wat herstel moet word, 'n mediese prosedure, 'n verlies aan inkomste. Ons kan hierdie gebeure nie verhoed nie, maar ons kan vir die onverwagse voorbereid wees. Dit is nie ons skuld wanneer hierdie dinge gebeur nie. As jy nog nie 'n noodfonds het nie, begin dan een vir die toekoms. 



Bestedingsgewoontes

Ons het tot 'n groot mate beheer oor hoe ons ons geld spandeer. Ons besluit wat om te koop, wanneer om dit te koop, en waar om dit te koop. Dit is moeilik, want ons sukkel dikwels met selfbeheersing wat tot swak bestedingskeuses lei. As jy te veel spandeer, oorweeg dit om sekere dinge uit te skakel.



Verdien te Min

Ons finansiële probleme is meestal te wyte aan ons bestedingsgewoontes, maar soms is dit omdat ons te min fondse het. Ons het 'n werk, ons werk hard, ons spandeer nie onnodig nie, maar het steeds finansiële spanning. As dit vir jou nodig is om meer te verdien, evalueer jou huidige werk en kyk of daar nie 'n beter opsie is nie.



Begeertes/Behoeftes


Dit is meer dikwels wat finansiële spanning veroorsaak — om ons begeertes met ons behoeftes te verwar. Ons het kos, klere, beskutting en 'n paar ander basiese dinge nodig. Ons wil uitspattige klere, duur vakansies en koffie by 'n koffiekroeg hê. As daar verwarring tussen jou begeertes en behoeftes is, is dit tyd om dit in kategorieë te verdeel. 



Ons maak skatte op die aarde bymekaar deur onnodig geld te spandeer, en dit veroorsaak spanning in ons verhouding met God. Hy behoort eerste in ons lewens te wees, nie geld of besittings nie. Wanneer jy eers die bron van jou finansiële angs geïdentifiseer het, begin die proses om jou situasie te verander. Verstaan net dat dit tyd sal neem en nie onmiddellik sal gebeur nie. 



Dit sal nie lank neem om weer op dreef te kom wanneer jy hierdie proses begin om te identifiseer wat die finansiële spanning in jou lewe veroorsaak nie. Soos ons na dag drie en vier van hierdie leesplan vorder, sal ons daarin begin delf hoe om 'n plan te beraam en uit te voer sodat ons finansieel gesond kan wees. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Anxious About Money

Finansiële angs kom in ons lewens voor wanneer ons ongemaklik, senuweeagtig, bang of benoud oor ons finansies is. God wil nie hê dat ons finansieel onrustig of bang moet leef nie. In hierdie vyf dag leesplan sal ons verk...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid