Leesplan inligting

Angstig Oor GeldVoorbeeld

Anxious About Money

DAG 1 VAN 5

Wat is finansiële angs?



Angs word gedefinieer as bekommerde onrustigheid of senuweeagtigheid, gewoonlik oor 'n dreigende of naderende slegte gebeurtenis. Die meeste mense is bekend met daardie terme en verstaan gewoonlik wat dit beteken. Ons ervaar angs wanneer ons spanning in ons verhoudings het, bekommerd oor ons gesondheid is, in ons beroepe sukkel en meer. Enigiets waardeur ons op aarde gaan het die potensiaal om angs in ons harte en gedagtes te veroorsaak. 



Finansiële angs is wanneer ons daardie definisie neem en dit op ons finansiële situasie van toepassing maak. Ons mag sê dat finansiële angs ondervind word wanneer ons ongemaklik, senuweeagtig, bevrees, of bekommerd oor ons finansies is. Of dit te veel mediese rekeninge is wat ons nie kan betaal nie, 'n motor wat kort-kort probleme gee, of om regtig nie te weet waar ons volgende maaltyd vandaan gaan kom nie, finansiële bekommernisse kan letterlik ons lewe steel. 



Om onsself in hierdie soort angs te bevind, kan 'n verwysingsraamwerk skep wat nie altyd rasioneel is nie. Daar is verskeie maniere hoe ons probeer om finansiële onsekerhede te oorkom, insluitende om die situasie te vermy, ons sorge met medikasie en drank te probeer verdoof, of om net in hopeloosheid te verval. Tog is daar 'n ander manier. 



Ons word in Filippense 4 deur die apostel Paulus geleer dat ons elke bekommernis na ons hemelse Vader kan neem. Wanneer ons dit doen, sal Hy ons angs vir vrede verruil. Dit is nie maklik nie, en verg dikwels geweldig baie moeite om te bid en te vertrou, in plaas daarvan om ons oor te gee aan die toksiese wat-as gedagtes waaraan ons dikwels dink. Wanneer daardie finansiële bekommernisse op ons toesak, kan ons dit net weer na Hom toe neem. 



God wil nie hê ons moet in finansiële onrustigheid lewe nie. Die volgende dae van hierdie leesplan sal ons help verstaan hoekom ons hier is, hoe om ons planne te verander, en hoe om ons verwysingsraamwerk te vernuwe sodat ons 'n lewenslange geneesmiddel vir hierdie ongevraagde omstandighede kan verkry. Wees gerus, hoop is op pad.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Anxious About Money

Finansiële angs kom in ons lewens voor wanneer ons ongemaklik, senuweeagtig, bang of benoud oor ons finansies is. God wil nie hê dat ons finansieel onrustig of bang moet leef nie. In hierdie vyf dag leesplan sal ons verk...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid