Leesplan inligting

Wandel in die Heilige GeesVoorbeeld

Walk in the Holy Spirit

DAG 5 VAN 5

God is in geestelike vrug geïnteresseerd, nie godsdienstige toewyding nie. 



'n Lewe gevul met die Heilige Gees, is nie wanneer jy probeer om vir God te lewe nie, maar om die Heilige Gees toe te laat om deur jou te lewe. Ons ontvang verlossing wanneer ons glo dat Jesus in ons plek aan die kruis gesterf het, maar weet jy hoe karakter ontwikkel word? 



Dit gebeur wanneer jy jou aan die Heilige Gees oorgee en Hom toelaat om in jou plek te lewe! Ja, laat Hom toe om sy lewe deur jou te leef. Deur Jesus wat aan die kruis in ons plek gesterf het, is verlossing bewerk, maar ons verkry heiligmaking eers wanneer ons Jesus toelaat om in ons plek te lewe. 



Dit is natuurlik vir die meeste van ons makliker om te aanvaar dat Jesus namens ons gesterf het, as om Hom toe te laat om namens ons te lewe. Laasgenoemde vereis oorgawe. 



Ons vervang dus dikwels oorgawe met nastrewe. Om na te streef, lewer die werk van die vlees; oorgawe daarenteen lewer die vrug van die Gees. Die vrug van die Gees is soos om kinders te hê, want kinders word gebore as gevolg van intimiteit. 



Baie mense gaan in die kerk vorentoe sodat die leraar vir hulle hande kan oplê sodat hulle 'n beter karakter kan kry. Jy weet jy sal nie swanger raak as vir jou hande opgelê word nie. Jy kan nie swanger raak omdat jy vorentoe gegaan het nie. Daarvoor het jy 'n verhouding en intimiteit nodig en kinders word as gevolg daarvan gebore. Dieselfde is waar van sy karakter in ons; dit is 'n vrug wat gelewer word weens intimiteit. 



Die Christelike karakter sal nie ontwikkel as gevolg van nastrewe nie, maar as gevolg van oorgawe. Hou op om harder te probeer. Begin om jou daagliks aan die Heilige Gees oor te gee. Gee aan Hom die areas in jou karakter waarin jy swak is en voortdurend faal. Wanneer jy versoek word om buite jou karakter op te tree, volg dan die Heilige Gees op daardie oomblik weg van sonde af. Jy sal aanvoel hoe Hy jou por; moet Hom nie bedroef deur sy fluistering te ignoreer nie. Die doelwit is nie heiligheid nie, maar die Heilige Gees. Hy sal ons na heiligheid lei wanneer ons Hom volg. Hy is die doelwit; Hy is nie die weg na jou doelwit toe nie. Ek gebruik nie die Heilige Gees om heilig te word nie; ek is ten volle aan die Heilige Gees oorgegee. Ek kan nie heilig lewe sonder die Heilige Gees nie. Die opbrengs van sy vrug in my is heiligheid. 



Indien jy geïnteresseerd is om nog meer oor die onderwerp te lees, besoek dan my e-boek"Walking in die Holy Spirit" by vladimirsavchuk.com


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Walk in the Holy Spirit

Die Heilige Gees het die vergete God geword. Ons moet nie vergeet dat die Heilige Gees die Skrif geïnspireer het nie, maar die outeur is altyd groter as sy boek. Terwyl Jesus op aarde was het Hy op die Heilige Gees staat...

More

Ons bedank graag vir Hungry Generation wat hierdie leesplan voorsien het. Vir verdere inligting, besoek asseblief: http://www.vladimirsavchuk.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid