Leesplan inligting

Elke Taal: Luister Na Die Veeltalige GodVoorbeeld

Every Language: Listening To The Multilingual God

DAG 7 VAN 7

Elke Taal


Vir Bybelvertalers regoor die wêreld, is hierdie Bybelgedeelte van uiterste belang. 'n Groot menigte wat niemand kan tel nie sal voor die troon en voor die Lam staan "uit elke nasie, stam, volk en taal". Dit is nie slegs 'n belofte nie, maar ook 'n opdrag. Indien mense van elke taal teenwoordig is, dan moet daar nog baie met die Skrif in hul eie taal bereik word sodat hulle voor die troon kan kniel om God te aanbid. 



Op grond van die aantal tale wat vandag bestaan, sal daar meer as 7 000 tale in daardie luide gebed verteenwoordig wees. Hierdie komplekse variasie van klank sal ons onsself nie nou kan voorstel nie, maar sal die volledigste menslike uitdrukking óóit wees om Christus voor te stel — dalk die volmaakte weerspieëling van die Lam wat deur die menigte aanbid word. Dit sal sekerlik die kroonprestasie van taal wees.



Dit is 'n fantastiese gesig en klank om na uit te sien. Intussen, totdat ons by hierdie veeltalige aanbiddingskoor aansluit, wat is vandag vir ons die toepaslikheid? Ons het miskien 'n vae idee dat baie vertalingspanne regoor die wêreld hard werk om die Bybel te vertaal. Watter verskil maak dit egter vir ons dat vertalers in tale werk wat ons nie verstaan nie?



Die antwoord: elke nuwe weergawe van die Woord van God in 'n menslik taalkundige uitdrukking — 'n taal — verryk die wêreldwye kerk in haar begrip van God, ongeag of ons daardie spesifieke taal praat. Ons denke en verbeelding is noodwendig beperk en begrens deur ons eie taal en taal-aannames. Tog, wanneer ons 'n ander taal teëkom — en die konfrontasie asook die wisselwerking tussen die taal en die Bybelse teks sien — kan dit ons begrip van God en ons wêreld uitbrei. Ons het dit so ervaar in die Griekse, Hebreeuse en Aramese brontekste, maar ook in ongeveer 3 000 tale waarin die hele Bybel of gedeeltes daarvan vertaal is — en dit sal ook die geval wees in vele wat nog vrygestel moet word.



Die afgelope ses oordenkings het aan ons almal 'n klein voorsmakie gegee van die insigte en geleenthede wat in die baie Bybelvertalings van oor die wêreld heen gebied word. Om daardie vertalingspanne te help om die Bybel suksesvol na die hemelse koor te bring, kan jy jou deel doen deur na illuminations.bible te gaan om nog meer te leer en ook te kyk hoe om verder by te dra.



Indien jy verder wil groei in jou eie begrip van die Bybel deur middel van honderde ander tale, kan jy duisende stories daarvan lees by tips.translation.bible



Spits intussen jou ore om daardie stemme te hoor wat uiteindelik in harmonie sal uitroep: "Verlossing behoort aan ons God wat op die troon sit en aan die Lam." 


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Every Language: Listening To The Multilingual God

God se kommunikasie met die mensdom was van die begin af vir "elke nasie, stam, volk en taal" bedoel. Alhoewel alle tale ewe doeltreffend in die oordra van die Bybelse boodskap is, het elke taal ook unieke vermoëns om se...

More

Ons wil graag vir United Bible Societies — Global Mission Team vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Besoek https://tips.translation.bible/ vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid