Leesplan inligting

Hartseer Stukkies: Hoop vir die FeestydVoorbeeld

Grief Bites: Hope for the Holidays

DAG 4 VAN 5

Is vreugde moontlik gedurende die feestydperk ... veral te midde van intense droefheid?



Ware vreugde is beslis moontlik tydens droefheid!



Daar is 'n verskil tussen geluk en vreugde wat met hoop gevul is.



Geluk kan van emosies, gedagtes, omstandighede en oortuigings afhang. Hoopgevulde vreugde word bereik deur die besef van hoe baie God die Vader ons liefhet, wanneer ons sy goedheid beleef en sy perfekte vrede, liefdevolle bemoediging en rus betree. Dit is die besef dat God 'n plan met jou droefheid, asook met jou lewe het, en die wete dat Hy nooit seer verspil nie.

Uiteindelik is dit die besef, dat die vreugde van die feestyd alleen in Hom gevind word!



Voor ek droefheid beleef het, het ek die vreugde gedurende feestye toegeskryf aan die beplanning van die "perfekte" feestyd saam met familie en vriende. Dit was slegs nadat ek droefheid ervaar het, wat ek agtergekom het die suiwerste vreugde kan alleenlik in God gevind word.



God is die ware betekenis vir en van die feestyd.

Dankseggingsdag is nie net 'n dag wanneer ons dankie sê vir ons geliefdes en al ons aardse seëninge nie ... Dankseggingsdag is dag wat getuig van hoe vreeslik dankbaar ons is om 'n God te hê wat so baie lief vir ons is! Ons is dankbaar vir alles wat Hy in ons harte en ons lewens doen, dankbaar vir die ewige skat wat Hy in ons siele bou, en dankbaar dat ons die ware en mooiste vriendskap met kan Hom hê!

Nog 'n belangrike rede vir dankbaarheid, is die groter en meer betekenisvolle skat dat God vir ons 'n plek in die ewigheid voorberei waar ons geliefdes is.



Kersfees gaan nie hoofsaaklik daaroor om tyd met geliefdes deur te bring, kersbome en huise te versier, Kersfeesliedjies te sing, te bak, of om die Kersfees programme op TV te kyk nie ... Kersfees in die suiwerste vorm handel oor ons Verlosser wat die heerlikheid van die hemel verlaat het (kan jy jou dit indink?) sodat Hy mens kon word om ons siele te kom red ... net sodat Hy 'n uitsluitlike en intieme verhouding met ons kan hê.



Om die heerlikheid en verering in die hemel te verlaat — suiwer volmaaktheid, vreugde en volheid met volgehoue aanbidding deur die engele — om 'n spesiale vakansiedag, Kersfees, te skep sodat ons vryelik na Hom kan gaan en toegang tot 'n hegte verhouding met Hom kan hê, gaan my verstand te bowe! Dit dwing my om op die ware Kersfeesverhaal, die pragtige Kersfeesverhaal te fokus wat wonderbaarlike hoop bied! Dit dwing my om ander lief te hê en te bemoedig net soos Hy my liefhet en bemoedig.



Ek probeer onthou om tydens die feestyd net so liefdevol teenoor ander te wees as wat Hy teenoor elkeen van ons is, deur geskenke van liefde, bemoediging, spesiale herinneringe en dade van diens te betoon om te wys hoe dankbaar ek werklik vir hulle is.



Dink daaroor hoe jy in hierdie feestydperk in jou gesin en vriende kan belê. Dit sal help om jou swaar hart te verlig en jou toelaat om 'n ander se hart in die proses te seën.



Wanneer ek aan die ware betekenis van Kersfees dink, dwing dit my om die Kerstyd te gebruik om God se hart op te soek, die vreugde wat deur Hom beskikbaar is te vier, en meer bewus te wees met wie ek sy liefde kan deel.



Dit verwyder dalk nie my huidige hartseer volkome nie, maar dit het die krag om alle gelowiges te vervul met ware vreugde, terwyl ons God se wonderlike opoffering aan die mensdom kan besef ... net sodat Hy 'n opregte, liefdevolle en ware vriendskap met ons kan hê!



Die besef dat suiwer vreugde verkrygbaar is, selfs te midde van swaarkry, is 'n geskenk wat slegs God in ons harte kan bring.



Vra God vandag om jou te seën met die geskenk van vreugde en vra Hom om dit 'n egte ervaring vir jou deur die feestyd te maak.

Oorweeg dit om God te vra om jou ook in hierdie feestydperk te seën met die liefde en bemoediging wat jy aan ander kan gee.



Gebed:

"Hemelse Vader, baie dankie vir alles wat U vir my en my gesin gedoen het — in die verlede, die hede en die toekoms — en dankie ook vir alles wat U nog steeds vir ons doen!

Vul asseblief ons harte met u bonatuurlike vreugde! Help ons om in hierdie feestydperk u vreugde uit ons harte te voel uitstraal. Maak u teenwoordigheid asook u liefde, hoop, bemoediging en vertroosting so aan ons bekend! Ek prys U dat ons u Goddelike vreugde kan ervaar, selfs al is dit tydens soveel droefheid en pyn. Wanneer ons in hierdie feestydperk hartseer of moedeloos voel, vul ons harte met u liefde en teenwoordigheid! Vul ons met nuwe HOOP!

Help ons elkeen om 'n instrument van hoop, liefde, vreugde en vrede vir almal te wees wat U op ons pad plaas.

Ons is lief vir U, Here! In die Naam van Jesus. Amen."



Hierdie oordenking © 2015 is deur Kim Niles/Grief Bites geskryf. Alle regte word voorbehou. Gebruik met toestemming.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Grief Bites: Hope for the Holidays

Vir baie mense is die feestyd 'n tyd van groot vreugde ... maar, wat gebeur wanneer die feestyd sy sprankel verloor, en uitdagend geword het as gevolg van 'n diepe droefheid of verlies? Hierdie spesiale leesplan sal mens...

More

Ons bedank graag vir Kim Niles, skrywer van Getting Your breath Back After Life Knocks It Out of You, wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek: www.griefbites.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid