Leesplan inligting

Hartseer Stukkies: Hoop vir die FeestydVoorbeeld

Grief Bites: Hope for the Holidays

DAG 1 VAN 5

O die feestyd! 'n Tyd wanneer die kleurvolle somerblomme ons herinner aan die vooruitsig van Kersfees wat net om die draai is. 'n Tyd waarin almal vol van dankbaarheid, liefde, gesinsharmonie en vreugde is, reg?



Ongelukkig is dit nie vir almal die geval nie — veral diegene wat 'n geliefde verloor het, hulle wat deur die verlies van 'n ernstige verhouding gaan, wat familie konflik ervaar of diegene wat groot verlies of hartseer ervaar.



Tydens my grootwordjare was ek baie lief vir die feestyd en het altyd vreeslik daarna uitgesien. Toe my 22-jarige suster op Dankseggingsdag gesterf het, het die feestyd vir my 'n uitdagende tyd van die jaar geword wat ek gevrees het, eerder as dat dit die wonderlikste tyd van die jaar sou wees.



Hoe vind jy hoop tydens die feestydperk?



Hoe kan jy geliefdes eer wat nou die feestyd in die hemel saam met God vier?



Is vreugde moontlik tydens die feestydperk ... veral te midde van intense droefheid?



Hoe kan jy 'n betekenisvolle feestyd skep, gevul met vrede, ongeag van wat in jou lewe gebeur?



Sluit by my aan vir die volgende paar dae wanneer ek hierdie en ander vrae antwoord.



"Hemelse Vader,

Ek bid vir almal wat tydens die feestyd seer het. Genees hulle en gee hulle 'n diepe vertroosting in hulle hartseer. Skenk hulle elke dag u oorvloedige genade. Hou hulle in u liefdevolle arms en dra hulle deur hulle pynlike ervarings. In die Naam van Jesus. Amen!"



Hierdie oordenking behoort aan © 2015 by Kim Niles/Grief Bites. Alle regte word voorbehou. Gebruik met toestemming.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Grief Bites: Hope for the Holidays

Vir baie mense is die feestyd 'n tyd van groot vreugde ... maar, wat gebeur wanneer die feestyd sy sprankel verloor, en uitdagend geword het as gevolg van 'n diepe droefheid of verlies? Hierdie spesiale leesplan sal mens...

More

Ons bedank graag vir Kim Niles, skrywer van Getting Your breath Back After Life Knocks It Out of You, wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek: www.griefbites.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid