Leesplan inligting

Hartseer Stukkies: Hoop vir die FeestydVoorbeeld

Grief Bites: Hope for the Holidays

DAG 2 VAN 5

Hoe vind en ervaar jy hoop wanneer jy tydens hierdie feestyd geheel en al sonder hoop voel?



Ek het nie juis vol hoop gevoel na my suster op Dankseggingsdag oorlede is nie, 'n kêrel se dood oor die Kersfeestyd, die verlies van my ouma oor Valentynsnaweek, die verlies van nóg 'n ouma twee dae voor Kersfees en toe jare later, my ander suster se verloofde wat op Paasfees oorlede is. Die feesdae om hulle dood was baie pynlik. Ek het gesukkel om enigsins hoop te vind vanweë al die intense droefheid.



Of jy sonder hoop is as gevolg van 'n geliefde se dood en of jy deur 'n lewensveranderende verlies gaan (soos 'n egskeiding, gesinskonflik, siekte, finansiële probleme, werksverlies, of 'n ander hartsverskeurende gebeurtenis), onthou asseblief dat God jou innig liefhet en baie vir jou omgee.

Hy verstaan werklik waardeur jy gaan en wil jou met sy genesing aanraak.



Uiteindelik begeer God om jou te oorlaai met sy oorvloedige liefde en wonderbaarlike HOOP!



Hoe vind en ervaar ek sy hoop weer ten volle?



Begin deur God te vra om jou hart te genees ... vra Hom om jou met die hoop te vul wat net van Hom af kom ... vra Hom om jou te deurdrenk met sy wonderlike liefde!



Vra God om jou spesifiek deur die feesdae te dra en om jou hart ten diepste te bedien!

Lees sy Woord en vra Hom om kragtig tot jou hart te spreek terwyl Hy sagkens jou seer hart en gees vertroos.



Dit maak nie saak waardeur jy gaan nie, Hy gee innig baie om oor jou droefheid, soek daarom in hierdie feesseisoen na God met jou hele hart, en ook altyd daarna!



Jy SAL God — en sy vars, splinternuwe HOOP vind — wanneer jy na Hom met jou hele hart soek! God se genade is elke dag nuut dus hoef jy Hom net te vra!

Hy is daar vir jou en Hy wil jou help om deur die feestyd kom!



Gebed:

"Liewe Jesus, dankie vir u hoop! Ek vra spesifiek dat U my die wonderlike geskenk van hoop sal gee en my toelaat om u hoop en vrede te vind en ten volle te ervaar.

Sal U my hart seën met u genesende aanraking en oorvloedige liefde? Vader, genees asseblief my hart en dra my deur hierdie feesseisoen. Ek bid dat U kragtig in my gees sal werk terwyl ek u hart (en leiding) opsoek wanneer ek u Woord lees. Skenk my elke oggend u kosbare nuwe genade en vertroos asseblief my siel elke dag. Dankie dat U my ware Vriend is! Ons vriendskap is vir my baie kosbaar! Ek is lief vir U, Here!

Ek bid dit in u kosbare Naam, amen."



Hierdie oordenking © 2015 is deur Kim Niles/Grief Bites geskryf. Alle regte word voorbehou. Gebruik met toestemming.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Grief Bites: Hope for the Holidays

Vir baie mense is die feestyd 'n tyd van groot vreugde ... maar, wat gebeur wanneer die feestyd sy sprankel verloor, en uitdagend geword het as gevolg van 'n diepe droefheid of verlies? Hierdie spesiale leesplan sal mens...

More

Ons bedank graag vir Kim Niles, skrywer van Getting Your breath Back After Life Knocks It Out of You, wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek: www.griefbites.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid