Leesplan inligting

Sekerheid In Onsekere TyeVoorbeeld

Certainty In Times Of Uncertainty

DAG 1 VAN 5

Elke dag, wêreldwyd, skakel mense hulle televisiestelle aan en kyk na die nuus.



Wêreldwye gebeurtenisse word byna op elke kanaal bespreek.



Negatiwiteit is oral op die internet.



Tydskrifte en koerante, alhoewel nie meer so gewild in gedrukte vorm nie, is steeds in oorvloed beskikbaar.



Net so, is vrees en negatiwiteit ook in oorvloed beskikbaar.



Jy kan dit nie vermy nie. Dit staar jou 24/7 reguit in die oë. Negatiwiteit is 'n plaag.



Wat doen ons tog?



Ons draai die klank al harder.



Ons klik op die skakel.



Ons blaai na die volgende bladsy.



Ons laat toe dat hierdie negatiwiteit ons gedagtes vul. Ons is bekommerd oor die oorloë, nuwe siektes wat versprei en wat op die aandelemark gebeur.



Hoekom doen ons dit? Hoekom is ons so gefassineer met hierdie soort inligting?



Ons is vreesbevange.



Dit is nie 'n geheim dat hierdie wêreld baie donker is nie, en gereed is om enigiemand wat gewillig is om te luister, in sy greep te vang.



Maar daar is ook baie lig.



Waar die lig is, sal donkerte nie seëvier nie.



Die lig wat nog altyd in my donkerte, die helderste op my geskyn het, is die Woord van God. Dit maak nie saak in watter situasie jy jouself bevind nie, die Woord van God kan jou tree vir tree daardeur lei. Finansiële krisisse, probleme in die huwelik of met verhoudinge, probleme by die werk of skool, wêreldrampe — word klein in vergelyking met die Here en die ewigheid. Jou Bybel is jou bron van nimmereindigende lig.



Wanneer 'n lig aangeskakel word, selfs in die donkerste kamer, dryf dit die donkerte uit. Te midde van beproewinge, tragiese gebeurtenisse en onsekerheid, sal die lig wat die Here op ons skyn, triomfeer. Daar is niks groter nie. Daar is niks helderder nie.



Ek kies om te midde van die donkerte na die lig uit te reik. Om dit toe te laat om my gees te verlig en my na beter dae te lei.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Certainty In Times Of Uncertainty

Te die midde van onsekerheid is God sekerheid! Kom kyk verby onsekerheid en negatiwiteit saam met David Villa in sy jongste leesplan om iets groter te bereik.

Ons wil David Villa bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://davidvilla.me

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid