Leesplan inligting

Paasfees: As die Graf Kon PraatVoorbeeld

Easter: If the Grave Could Talk

DAG 6 VAN 6

Jy Verloor



Ons almal werk so hard om ons lewens te laat saak maak. Ons wil almal 'n nalatenskap agterlaat. Ons almal wil die wêreld 'n beter plek maak, en 'n beter lewe vir ons kinders agterlaat. Wat as hierdie hele ding aan die einde van die dag eintlik waardeloos is? Wat as alles betekenis verloor as ons die dag sterf? Almal van ons het een of ander tyd gedagtes soos hierdie. Te midde van die swaarste stryde wat ons al moes voer, het ons almal al gewonder: "Gaan dinge regtig ooit verander? Gaan ek ooit finansieel vooruit kom? Gaan my huwelik ooit weer normaal wees? Gaan hierdie verslawing ooit verdwyn?” Daar was al vrees en hopeloosheid. Daar is die vrees dat ons 'n verloorder gaan wees. (Toe, kyk na jouself in die spieël en maak met jou wysvinger en duim 'n "L" voor jou voorkop.) As die graf kon praat, sou dit sê: “Dis verby. Jy verloor.”



Dan is daar egter Jesus, die Man wat in die grootste oorlog oorwinning vier.  Jesus het die dood OORKOM. Ons sal nie verloor nie, want Jesus het nie verloor nie. Terwyl ons Jesus volg, volg ons die oorwinnaar bo alle oorwinnaars. Ons het die voorreg om aan sý kant te wees. Hy kies ons. Hy het jóú uitgekies. Net 'n dwaas sou nie by die span aansluit wat reeds die oorlog gewen het nie. Sý graf sê: “Jy wen.”



BID: “Jesus, ek wil aan u kant wees. Ek onderwerp my lewe aan u wil. Ek wil nie my eie oorloë probeer veg nie. Ek het U nodig om namens my te veg. Jesus, dankie dat U uit die graf opgestaan het!”


Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Easter: If the Grave Could Talk

Ons almal het een gemene deler: ons gaan sterf. Ek gaan sterf. Jy gaan sterf. Die dood sal jou oorwin. Jy sal dit nie kan ontduik, systap, of laat verdwyn nie. Dan is daar egter Jesus, die Man wat wel die dood oorwin het...

More

Baie dankie aan Stonecreek Church wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek http://www.stonecreek.church vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid