Leesplan inligting

Paasfees: As die Graf Kon PraatVoorbeeld

Easter: If the Grave Could Talk

DAG 3 VAN 6

Jy Gaan vir Ewig Alleen Wees 



Wanneer ek aan die dood dink, is daar twee dinge wat my veral bang maak: die onbekende, en die alleenheid. Die meeste van ons haat dit al van kleins af om alleen te wees. Ek het grootgeword in 'n groot gesin met drie susters en 'n broer. Ek is die baba in die huis. Moet my nou nie oordeel nie. Ek was mal daaroor om by my sussies te wees, maar ek het dit kleintyd gehaat om na my kamer toe te gaan, want ek wou nie alleen wees nie. Vandag probeer my eie kinders my oortuig om hulle in ons bed te laat slaap omdat hulle nie alleen wil wees nie. Selfs soos ons ouer word, bly daardie vrees vir alleen wees, nie waar nie? Wanneer het jy laas eensaam gevoel, gevoel of niemand oor jou omgee nie, of het daar 'n vakansiedag of verjaarsdag verbygegaan waartydens jy nie 'n enkele oproep of boodskap gekry het nie? Wat 'n vreeslike gevoel. As die graf kon praat, sou dit sê: "Jy gaan vir ewig so eensaam wees."



Dan is daar egter Jesus, die Man wat die graf oorwin het. Die redder van die wêreld wat belowe het om ons nooit te verlaat nie. Hy het Hom daartoe verbind om vir ewig aan ons sy te bly. Wanneer jy kies om Jesus te volg, kry jy 'n lewenslange vriend wat vir altyd met jou gaan wees, selfs ná jy sterf. Jesus sal namens jou veg. Jesus sal jou deurdra. Jesus het 'n unieke belofte vir my en vir jou terwyl ons deur die lewe gaan. Sy graf sê: "Jy hoef nooit weer alleen te wees nie!"



BID: “Jesus, ek het U nou nodig, meer as ooit. Ek wil u teenwoordigheid in en om my voel. Dra my deur die moeilike tye. Dankie dat U altyd aan my sy is.”


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Easter: If the Grave Could Talk

Ons almal het een gemene deler: ons gaan sterf. Ek gaan sterf. Jy gaan sterf. Die dood sal jou oorwin. Jy sal dit nie kan ontduik, systap, of laat verdwyn nie. Dan is daar egter Jesus, die Man wat wel die dood oorwin het...

More

Baie dankie aan Stonecreek Church wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek http://www.stonecreek.church vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid