Leesplan inligting

Paasfees: As die Graf Kon PraatVoorbeeld

Easter: If the Grave Could Talk

DAG 1 VAN 6

Die Dood Sal Jou Verslaan



As die graf kon praat, wat sou dit sê? Ons almal het 'n gemene deler: ons gaan sterf. Ek gaan sterf. Jy gaan sterf. Dit gaan nou maar gebeur. Die dood gaan jou eendag verslaan. Jy sal dit nie kan ontduik, systap, of laat verdwyn nie. Sommige van ons het nog baie jare wat vir ons voorlê. Ander van ons staar dit reeds in die gesig. Dis wel nou nogal morbied, maar ons almal dink tog oor die dood. Is jy bang daarvoor? Is jy bekommerd oor doodgaan? Kry jy soms nagmerries waarin jy wakker word die oomblik net voordat jy jou lewe verloor? Dis net natuurlik. Daar is tog 'n begin en einde aan die fisieke lewe. Ek verpes dit om te verloor. Ek haat dit om die wit vlag te moet hys. Ek wil nie verloor nie. En ek wed jy geniet dit net so min soos ek. Is dit dan wat die dood is? As die graf kon praat, sou dit sê: "Die dood sál jou eendag verslaan."



Dan is daar egter Jesus, die Man wat die stryd met die graf oorwin het. Jesus het die graf in die gesig gestaar en die dood oorkom. Die dood is benede Hom. Jesus het herdefinieer wat die graf sou sê. Wanneer Jesus praat, praat die graf ook. Jesus se graf gee hoop aan elkeen van ons. Hy sê aan ons dat die dood ons nie hoef te verslaan as ons in verhouding met Hom staan nie. Hy sê dat ons nie gaan verloor nie. Jesus is die groot oorwinnaar. Ons volg die Verlosser wat die dood en die graf trotseer en oorkom het. Sý graf sê: "Die dood sal nie die laaste sê hê nie.”



BID: “Jesus, help my om te glo en te vertrou dat U die graf oorwin het. Ek wil nie die dood vrees nie. Ek wil glo in die Redder van die wêreld wat die dood verslaan het."


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Easter: If the Grave Could Talk

Ons almal het een gemene deler: ons gaan sterf. Ek gaan sterf. Jy gaan sterf. Die dood sal jou oorwin. Jy sal dit nie kan ontduik, systap, of laat verdwyn nie. Dan is daar egter Jesus, die Man wat wel die dood oorwin het...

More

Baie dankie aan Stonecreek Church wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek http://www.stonecreek.church vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid