Leesplan inligting

Oorleef Droefheid: Oordenkings vir Ouers in RouVoorbeeld

Surviving Sorrow: Devotions for Parents in Mourning

DAG 1 VAN 5

Voel dit of jy nooit sonder jou kind sal oorleef nie? Ek het ook. Wanneer jy jou kind begrawe en na die toekoms sonder jou kind kyk, is dit net te veel om te dra, nie waar nie? Ja, dit is. Jy bevraagteken waarskynlik hoe 'n goeie en liefdevolle God hierdie pyn in jou lewe kon toelaat. Ek wou ook hierdie antwoord hê. Tog, selfs nou is daar geen antwoorde nie. Slegs trane en ondraaglike pyn. 



Hoe het ek dus hierdie smart oorleef om 'n kind te verloor? Ek het tot God uitgeroep. Eerlikwaar, dis miskien meer korrek om te sê dat ek geskreeu en voete gestamp het terwyl ek van God eis om op 'n manier op my te reageer. Ek wou weet dat Hy werklik bestaan. My verstand het die bewys nodig gehad dat Hy vir my omgee. Ek het God nie geken toe ons ons seun Austin verloor het nie, maar ek het Hom in die donker, diep put van smart leer ken. Dit is ook daar waar ek uiteindelik in staat was om Hom te sien en sy liefde vir my te voel. 



Begin vandag deur aan jou emosies uiting te gee. Rig jou pyn tot God, nie êrens anders nie. Laat Hom die uitroepe van jou hart hoor. Onthou ... om op die gehuil van mense op aarde te reageer, is een van sy spesialiteite. Regdeur die Bybel sien ons 'n patroon hoe God reageer wanneer mense tot Hom roep. Psalm 34:18 het my reddingstou geword om die smart te oorleef om Austin te verloor het: 



"As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede" (Psalm 34:18). 



Dis in orde om God te vra om hierdie beloftes teenoor jou na te kom. Dit is sy wese om sy woord te hou. Gaan dus voort en huil (of skreeu en stamp jou voete soos ek). Bid so iets:



 "Vader, U het gesê U sal die regverdiges uit hul benoudhede red; en my hart is nou in klein stukkies verpletter. Waar is U? Help my om te voel dat U naby my is; maak Uself asseblief tasbaar vir my, Here. U het belowe om die wat om hulp roep te hoor en ek het U hulp nou baie nodig. Red my uit hierdie pyn, bewaar my dat ek nie onder die gewig van my droefheid heeltemal in my gees verpletter word nie. Help my, o God!" 



Lees Psalm 18 as nog 'n voorbeeld hoe om in jou donkerste uur tot God uit te roep en kyk hoe God op die uitroep uit Dawid se hart gereageer het. Wanneer jy Psalm 18 lees, kyk na hierdie droefheid as jou vyand en kyk hoe die Here jou gaan vrymaak.  


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Surviving Sorrow: Devotions for Parents in Mourning

Toe Kim se driejarige seun oorlede is, het sy heelwat hulpbronne oor rou gekry. Sy sê egter wat sy werklik nodig gehad het: "was iemand wat my kon raad gee om te lewe, nie net om te rou nie." In hierdie 5-dag leesplan de...

More

Baie dankie aan Moody Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek https://www.moodypublishers.com/books/evangelism-and-discipleship/surviving-sorrow/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid