Leesplan inligting

Wees Versigtig Waaroor Jy DinkVoorbeeld

Think About the Things You Think About

DAG 7 VAN 7

Hou Aan Om Hieraan Te Dink



Dis dag sewe. Jy het gelees en gelees. Hopelik het jy ook geskryf en geskryf in jou dankbaarheidsjoernaal!



Jy het geleer dat met God se hulp, jy jou houding, emosies en die kritikus binne jou kan beheer.



Het jy al Filippense 4:8 gememoriseer? Vat vandag 'n bietjie ekstra tyd om regtig op die woorde te fokus wat die soort gedagtes beskryf waaraan jy moet vashou.




  • Waar

  • Edel

  • Reg

  • Rein

  • Lieflik

  • Prysenswaardig

  • Deug

  • Lofwaardig


Nie een van hierdie woorde veroorsaak spanning nie. Nie een van hierdie woorde is negatief of maak seer nie. Staan vandag tyd daaraan af om weer te luister na hierdie Filippense 4:8-liedjie. Dalk kan jy selfs saamsing! (Onthou: Die video gebruik die NLV weergawe. Dalk wil jy dit ook gebruik terwyl jy deur die leesplan werk.)




Vra jouself af: Wat is die belangrikste ding wat ek geleer het hoe ek my gedagtes moet beheer: my houding, my emosies of die kritikus binne my? Hoe kan Filippense 4:8 my help om beheer te neem?



Daag jouself uit: Eerstens, jy weet wat om te doen. Skryf iets by vandag se datum neer waarvoor jy dankbaar is. Dan, moenie hierdie joernaal verloor nie! Skryf so gereeld as moontlik daarin. Dit is 'n fantastiese manier om jou brein te oefen om opsoek te wees vir dit wat in elke dag goed is. As jy nie 'n goeie dag beleef nie, vat jou joernaal om jouself te herinner aan al die goeie dinge wat al in die verlede gebeur het. Bemoedig jouself dat daar in die toekoms nog meer dinge is om voor dankbaar te wees.



Bid: Vader, dankie dat U my help om my gedagtes te beheer. Help my om elke dag in selfbeheersing te groei. Dankie dat U my help om iets te kry wat goed is om op te fokus. Dankie dat al is dinge sleg rondom my, U nog steeds goed is en ek op u goedheid kan fokus! In die Naam van Jesus. Amen.



Haai, voor jy gaan, kyk na meer wonderlike video's van die "Loop Show"!


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Think About the Things You Think About

Word jy ooit wakker en dan is jy in 'n slegte bui? Of het jy 'n emosionele uitbarstings? Val jy in die strik van haarklowery oor elke klein foutjie wat jy dink jy het? Ugh. Dit is nie pret nie. God wil egter nie hê ons m...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid