Leesplan inligting

Wees Versigtig Waaroor Jy DinkVoorbeeld

Think About the Things You Think About

DAG 1 VAN 7

Dink Oor Hierdie Dinge



Het jy al ooit nagedink, wel, oor die dinge waaroor jy dink?



Dit klink snaaks, maar dit is eintlik belangrik om jou gedagtes te ondersoek om vas te stel wat daar binne aangaan. As jy dit eers gedoen het, raak dit duidelik dat sommige van die dinge waaraan jy dink, nie rêrig van waarde, gesond of Goddelik is nie.



Goed, dink net aan vandag.



Het jy tyd deurgebring om te dink aan enige van die volgende?




  • Hoe 'n sekere persoon jou irriteer

  • Hoe jy alles anders sou doen as jy jou eie ouer was

  • Hoe jou onderwyser jou pla

  • Iets waarvoor jy bang is

  • Iets waaroor jy jou bekommer

  • 'n Vertoning of YouTube-kanaal wat jou ouers gesê het jy nie moet kyk nie

  • Hoe irriterend jou broers of susters is

  • Hoe jy dit haat om nie enige lekkers of gemorskos te kan eet wanneer jy wil nie

  • Hoe jaloers jy op iemand anders is


Dit is baie moontlik dat jy jou tyd deurgebring het om te dink aan iets wat pas in een van die bogenoemde kategorieë. Of dalk is daar iets anders wat nie eintlik rein of lieflik is nie, wat jou gedagtes vandag besig gehou het.



Oor die volgende vyf dae gaan jy leer hoe om jou gedagtes beter te beheer. Hoe? Jy het reg geraai! Deur te dink oor die dinge waaroor jy dink!



Kyk na hierdie video vir 'n goeie liedjie wat jou sal help om die Bybelvers, wat jy uit jou kop sal leer, terwyl jy die leesplan deurgaan. Die liedjie kom uit Filippense 4:8. Hierdie video gebruik die NLV weergawe. Dit mag dalk help as jy hierdie vertaling gebruik terwyl jy die leesplan voltooi.




Vra jouself af: Waaraan dink ek die meeste van die tyd? Is dit iets Goddelik? Aan watter goed sal ek meer tyd wil afstaan om oor na te dink?



Daag jouself uit: Begin. 'n Dankbaarheids-Joernaal. Onmiddellik! Jy kan 'n paar papiere aan mekaar vaskram. Of gebruik 'n notaboek. Wat ook al! Kry net iets wat jy kan gebruik as 'n joernaal en skryf een ding neer van vandag af waarvoor jy dankbaar is. Dit moet iets goeds, rein, lieflik, uitstekende en so aan wees. Dink daaroor na — en skryf dit neer. Dit kan letterlik net een sin wees en skryf dit by vandag se datum. Moenie hierdie stap oorslaan nie!



Bid: Vader, dankie vir die manier waarop U my gedagtes gevorm het. Ek kan kies waaraan ek dink. Help my om beter en beter te raak om op die goeie te fokus wat U geskep het en die goeie wat U vir my gegee het. In die Naam van Jesus. Amen.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Think About the Things You Think About

Word jy ooit wakker en dan is jy in 'n slegte bui? Of het jy 'n emosionele uitbarstings? Val jy in die strik van haarklowery oor elke klein foutjie wat jy dink jy het? Ugh. Dit is nie pret nie. God wil egter nie hê ons m...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid