Leesplan inligting

Wees Versigtig Waaroor Jy DinkVoorbeeld

Think About the Things You Think About

DAG 5 VAN 7

Dink Aan Hoe Jy Oor Jouself Dink



Vandag mag jy dalk 'n bietjie ongemaklik raak. Ons gaan alles wat ons van Filippense 4:8 geleer het fokus op die gedagtes wat jy oor jouself dink.



Onthou jy die "dink oor Jesus"-strategie wat ons in Dag 2 van hierdie leesplan geleer het? Jy is veronderstel om jou gedagtes te ondersoek en vas te stel of dit die soort gedagtes is wat Jesus wil hê.



Kom ons besoek weer vandag die toets, maar hierdie keer fokus ons op jou gedagtes oor jouself. Wanneer jy lelik met jouself is oor jy te vet, te maer, te oordadig, te vervelig, te wat ook al — is, hou daarmee op. Dink aan Jesus. Dink jy oor jouself soos wat Jesus oor jou dink? Hy sê jy is 'n kind van God, versigtig en liefdevol geskep as sy beeld.



Ken jy daardie negatiewe gedagtes oor jouself? Mense noem dit die kritikus binne jou. Dit is soos die stem binne-in jou wat fout vind met alles oor jou en niks sien wat goed is oor die manier wat God jou gemaak het nie. Die kritikus binne jou moedig jou nooit aan om soos Jesus te wees nie. Dit kritiseer jou net.



Raai wat nog? Jy sal heel moontlik verras wees om te weet dat selfs die taaiste, die mees behulpsame, en interessantste mense ook 'n kritikus binne hulle het! Kyk na hierdie video om te sien hoe belaglik en onregverdig die kritikus binne jou kan wees.




Ai, arme dinosourus. Sy het nie van haar lang nek gehou nie, maar dit is presies die ding wat haar so oulik maak!



Wat van jou? Is dit tyd vir jou om te leer om die kritikus binne jou te beheer?



Vra jouself af: Watter negatiewe dinge dink ek gewoonlik oor myself? Is dit regtig God se stem? Wat sê God oor my?



Daag jouself uit: Jy weet dit is weer tyd vir die joernaal! Fokus egter vandag jou dankbaarheidsjoernaal op jouself. Wat is een ding waarvoor jy dankbaar is oor die manier waarop God jou geskep het? Dalk het jy sterk bene en hou jy van hardloop. Dalk het jy 'n brein wat goed werk. Dalk is jy baie goed om na ander te luister. Kyk na die lys van woorde in Filippense 4:8 en skryf neer wat rein en lieflik aan jou is! God het jou geskep. Hy verdien dankbaarheid vir die wonderlike dinge wat Hy binne jou geskep het.



Bid: Vader, dankie dat U my geskep het. Dankie dat U my anders geskape het as almal wat U alreeds geskep het of nog gaan skep. Help my om te ontdek wat uniek en wonderlik is oor die manier waarop U my geskape het. Ek wil U daarvoor dank. Help my om te luister na wat U oor my sê en nie na die kritikus binne my nie. In die Naam van Jesus. Amen.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Think About the Things You Think About

Word jy ooit wakker en dan is jy in 'n slegte bui? Of het jy 'n emosionele uitbarstings? Val jy in die strik van haarklowery oor elke klein foutjie wat jy dink jy het? Ugh. Dit is nie pret nie. God wil egter nie hê ons m...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid