Leesplan inligting

Vryheid van SondeVoorbeeld

Freedom From Sin

DAG 1 VAN 5

Om die Kol te Mis



Daar mag dalk sekere sondes wees waaroor 'n mens nie kan praat nie, maar daar is geen sonde wat nie deur die bloed van Christus weggewas kan word nie. — Charles Spurgeon



Sonde. Dis 'n woord wat Christene nie graag gebruik nie, want dit laat ons skaam voel. Ons verkies om woorde soos stryd of fout te gebruik. Om sonde met eerlikheid te hanteer, kan ons net help om dit in die toekoms te oorwin. Voor ons egter wegspring, kom ons antwoord net 'n paar vrae wat baie mense oor sonde vra:



Wat is sonde?

As jy na die Grieks kyk — die oorspronklike taal van die Nuwe Testament — is die woord vir sonde hamartanō, en dit beteken “om verkeerd te wees”. Die definisie wat die meeste geleerdes egter gebruik, is “om die kol te mis”, wat na boogskiet verwys. As die pyl nie in die middel van die teiken land nie, of nie die kol tref nie, het die pyl “die kol gemis”. Sonde is net so.



Die kol is die standaard wat God ons gegee het om te volg. Dit is sy volmaakte weg. En volgens Romeine 3:23 het ons dit almal gemis. Daar is nie 'n enkele mens wat kan beweer hy is volmaak nie. Of ons nou die kol skrams of ver gemis het, dit bly sonde. 



Waar kom sonde vandaan?

Sonde het in die wêreld gekom deur die eerste mense, Adam en Eva. In die Ou Testamentiese boek, Genesis, lees ons God het vir die mense gesê het dat hulle van enige boom in die tuin van Eden kon eet behalwe een — die boom van alle kennis. Raai wat? Hulle het van daardie boom geëet. As gevolg van dié een daad word alle mense met 'n verdorwe hart gebore, en ons begin sondig sodra ons die vermoë het. 



Ons word almal met 'n sondige geaardheid gebore as gevolg van iemand anders se keuses. Klink onregverdig, nie waar nie? Daar is egter baie goeie nuus. Net soos wat sonde deur een man, Adam, die wêreld ingebring is, so het verlossing in die wêreld gekom deur een man, Jesus. God het sy Seun gestuur om vir ons sondes aan die kruis te sterf. As gevolg van Jesus se voltooide werk aan die kruis kan ons nou in ons eie lewens oorwinning oor die sonde behaal. Alhoewel ons nooit volmaaktheid sal bereik nie, kan ons keuses uitoefen wat ons lewens ryker en voller sal maak. 



Gedurende die volgende vier dae van hierdie leesplan gaan ons praat oor hoekom ons sondig en gaan ons maniere bespreek hoe ons die kringloop van sonde in ons lewens kan beëindig. Ons sal wegspring deur ons sondes met dié van ander te vergelyk asook om te kies om ander lief te hê eerder as om hulle te wil terugbetaal. Laastens gaan ons leer hoe om in vergifnis en vryheid te lewe — want dis wat ons ontvang het.



Bepeins




  • Vind jy dit moeilik om te erken dat jy gesondig het? Hoekom of hoekom nie?

  • Dink aan 'n saak waarmee jy worstel. Noem dit wat dit is — 'n sonde. Vra God om jou te help om dit te oorkom.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Freedom From Sin

Almal maak foute. Die meeste mense hou egter nie daarvan om hul foute "sondes" te noem nie, selfs al is dit presies wat dit is. In hierdie leesplan gaan ons leer wat sonde is, hoekom ons dit doen, en hoe ons kan kies om ...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid